Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor SondebelydenisVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

DAG 3 VAN 6

Die verskil tussen versoeking om te sondig en sonde.

In Jakobus 1:13-15 vind ons 'n baie belangrike gedeelte:

Wanneer hulle versoek word, moet niemand sê, "God versoek my" nie. Want God kan nie deur die bose versoek word nie, en Hy versoek ook niemand nie. Maar elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie bose begeertes weggelok en verlei word. Dan, nadat die begeerte swanger geword het, gee dit geboorte aan sonde; en die sonde, wanneer dit volgroeid is, baar die dood.

Hierdie gedeelte sê 'n hele aantal dinge oor versoeking en die daad van sonde.

Een van die belangrikste dinge om van kennis te neem, is die verskil tussen 'n versoeking om te sondig en om oor te gaan na die daad van sonde.

Daar is duidelike verskil tussen 'n versoeking om te sondig, en te sondig. Ons word dikwels versoek om te sondig. Maar 'n versoeking om te sondig, is nie sonde nie. Baie Christene voel skuldig wanneer hulle versoek word om te sondig en dink hulle het reeds gesondig net omdat hulle daaraan gedink het. Ons persoonlike begeertes, is soms begeertes wat nie in ooreenstemming is met die Woord en God se riglyne oor hoe 'n Christen moet lewe nie. Maar die versoeking self is nie sonde nie. Dit is belangrik om te verstaan.

Wanneer ons nie die versoeking onmiddellik verwerp nie, sal dit uiteindelik tot sonde lei.

Baie Christene sal vrygemaak word van 'n konstante las van sonde en skuldgevoelens oor sonde, as hulle hierdie beginsel kan verstaan.

Vra die Heilige Gees om jou te help om te onderskei tussen wanneer dit 'n versoeking is, en of dit werklik 'n sonde is wat bely moet word.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid