Leesplan inligting

Tyd vir 'n nuwe bladsy!Voorbeeld

Tyd vir 'n nuwe bladsy!

DAG 1 VAN 5

Dag 1: ‘n Nuwe môre breek aan

Klaagliedere 3:21-24: “Maar dit sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.”

Welkom in 2024! Skielik praat ons van verlede jaar wat net ‘n paar dae gelede was. Dit bly vir my ‘n vreemde gedagte dat 'n mens tam en opgebruik voel en dan net ‘n paar dae later vol entoesiasme die nuwe jaar vier. Gesprekke oor hoop, nuwe denke en voornemens vloei gemaklik tussen ons, so asof daar ‘n “herbegin”-knoppie in ons breine aangeskakel word.

Die sangeres Stella sing ‘n pragtige lied genaamd “Nuwe Môre”. Hierdie lied voed my siel met onder andere die woorde: “Hier kom ‘n nuwe môre aan daar uit die woestyn ... dis die hoop wat in jou woon, breek af die mure, laat die lig jou lei ...” Die lied sluit so mooi aan by die teks. Dit laat my versadig voel met die wete dat dít God se belofte aan ons is. Elke dag ís ‘n nuwe begin!

Ongeag hoe 2023 jou behandel het, goed of sleg, die hiér en nóú is wat van belang is — nuwe kanse, hoop en verwagtinge asook verskeie mense en paaie wat joune gaan kruis. Ek en jy is nog hier — kraakvars genade en liefde!

Gebed: Here, dis so 'n groot voorreg om elke oggend te weet dat U reeds vooruit loop. U is die lig op ons pad. U ontferming gee vir ons krag vir elke tree vorentoe.

Elke dag bring ook ‘n geskenk om oop te maak en dit is: Moenie vra hoekom jy hier is nie. Vra eerder vir wié jy hier is en deel die boodskap van ons teksvers wyd en syd!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tyd vir 'n nuwe bladsy!

Dit is 'n nuwe jaar en ons kyk soos gewoonlik optimisties na die nuwe jaartal. Soms kwyn nuwe verwagtinge vroeg in die eerste kwartaal. Daarom is dit nodig dat ons vorentoe kyk, ons oë op Jesus vestig en agter Hom aansta...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid