Leesplan inligting

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe GeskenkeVoorbeeld

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

DAG 5 VAN 7

Moenie bang wees nie!

Vul die gedagte om jou kreatiewe droom na vore te bring jou met angs?

Jy is nie alleen nie.

Vrees was van die begin af met ons.

Die eerste woorde wat ons uit Adam se mond hoor is: "Ek was bang ..." (Genesis 3:10). Van daardie oomblik af was mense bang, en God het voortdurend vir mense gesê om nie bang te wees nie. Geen wonder dat daar meer as 350 verse in die Bybel is waar God vir ons sê om moed te skep en nie bang te wees nie. Hy ken sy kinders goed.

Elke keer as jy 'n kreatiewe strewe aandurf, sal jy 'n mate van vrees voel. Dit is natuurlik. Kreatiwiteit is per definisie 'n verkenning van die onbekende.

Jou verstand is ontwerp om jou teen bedreigings te beskerm en jou veilig in jou gemaksone te hou. Om te leer om kreatiewe risiko's te neem, beteken nie dat die vrees sal verdwyn nie. Dit beteken eerder om gewoond te raak aan vrees sonder dat dit jou lewe oorneem en jou stappe rig.

Met kreatiwiteit is die uitkomste byna altyd onbekend. Per definisie is daar geen waarborg van hoe hierdie nuwe situasie, produk, kunswerk of jong besigheid sal uitdraai nie. Ons is besig om dit te skep. Kreatiwiteit verg moed en die bereidwilligheid om risiko's te neem. Dit verg eksperimentering.

Jesus roep ons om risiko's te neem. Toe Hy sy dissipels geroep het om Hom te volg, was hulle almal besig om in onbekende terreine in te stap (Matteus 4:18-22). Hy het hulle na 'n plek geroep waar hulle moes leer om op God te vertrou.

Jesus was besig om dit vir Simon te leer, toe Hy vir hom gesê het om in diep water uit te gaan om sy nette uit te gooi (Lukas 5:4.) En weer het Hy Petrus geroep om 'n risiko te neem en op die water te loop (Matteus 14:29).

Waarna nooi Jesus jou of jou kerk dalk uit om 'n risiko te neem?




Kunswerk: 'Dual Vision" deur Michele Neethling, intuitivepropheticart.co.za

Kreatiewe oefening:

Net soos jy jou bene kan versterk deur elke dag 'n paar hurke te doen, kan jy jou moed versterk deur dit gereeld te oefen. Neem klein treetjies. Doen klein dingetjies wat jou bang maak.

Hoe kan jy hierdie week moed oefen?

Enkele idees:

• Bel iemand en voer daardie moeilike gesprek.

• Skryf en vertel vir iemand wat hulle vir jou beteken.

• Maak daardie afspraak met die dokter.

• Begin daardie nuwe oefenprogram.

• Bely jou sonde aan 'n vertroueling.

• Begin daardie boek skryf (net 'n karakterskets om te begin).

Gebed:

Almagtige Vader, U is getrou en standvastig. U het belowe om altyd by my te wees. Dankie dat ek U enige tyd kan aanroep om my te troos en te versterk. Dankie dat u Gees my moed gee. Help my om te besef waar vrees my weerhou van u kreatiewe roeping op my lewe. Dankie dat daar niks is wat ons nie saam kan hanteer nie. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is...

More

Ons wil graag Creativity Wakeup bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.creativitywakeup.com/made-to-create-info

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid