Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 3 VAN 15

TYD OM TE GAAN VISVANG


Wat beteken dit om "vissers van mense" te wees? Dit is 'n ongewone vergelyking, maar daardie eerste dissipels kon hulself dadelik daarmee vereenselwig. As bedrewe vissermanne het hulle geweet wat dit behels om vis te vang: die regte gereedskap, die regte aas, die regte plek en baie geduld. Net soos visvang vereis dit ook die regte gereedskap en motivering, die regte plek en baie geduld, om jou geloof met mense te deel.



  • Gereedskap: Dink oor die regte "gereedskap" in terme van die Woord van God, gebed, die kerk en die belangrikste, geloof om sodoende geloof in aksie te bring — om ons geloofsreis met ander te deel. 

  • Motivering: Net soos vissermanne die regte aas nodig het om visse te lok, het Christene die regte motivering nodig. Ons moet ongelowiges en soekers aantrek, nie wegstoot nie. Ons doen dit deur deernis en besorgdheid oor die lewens van ander mense te toon. Ons stel so intens belang en gee oor 'n lang tyd om, dat ons die reg verdien om met hulle oor die lewe, waardes en geloof te praat. 

  • Die plek: Te veel Christene bring die meeste van hulle tyd met ander Christene deur. Net soos vissermanne nie tyd mors om in leë mere vis te vang nie, moet Christene die goeie nuus van Jesus met ander deel, wat dit moet hoor, deur na hulle toe te gaan!

  • Geduld: Die feit is dat nie almal in Christus geïnteresseerd is nie. Soms moet gelowiges verwerping of vyandigheid teenoor gesprekke oor geloof in die gesig staar, en wil dan die aftog blaas. Moenie die geduld en deursettingsvermoë vergeet wat God, sowel as ander, voor jou ontmoeting met Jesus teenoor jou getoon het nie. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid