Leesplan inligting

Om die Wil van God te VerstaanVoorbeeld

Understanding God's Will

DAG 1 VAN 3

Was jy al ooit op 'n plek waar jy onseker was oor wat die wil van God vir jou lewe is? Miskien wou jy weet of God wil hê dat jy 'n sekere werk moet aanvaar, inskryf by 'n sekere universiteit, of indien jy moet verhuis of nie.


Sommer net of jy hierdie besluit moet neem of daardie een.


Met baie keuses tot jou beskikking, wil jy net weet watter pad is die beste om te neem. Jy wend jou na God in die hoop dat Hy jou in die rigting van die regte keuse sal stuur en sy wil aan jou sal openbaar.


Ons was almal al daar. Ons wou weet wat God van ons wil hê en ons wil so graag die regte en beste besluit neem.


Ons vra dus vir God wat sy wil is en ons wag vir Hom om te reageer en vir ons 'n teken te gee.


Dalk het ons selfs gehoop dat Hy vir ons 'n boodskap in die wolke sal gee, in GROOT VET LETTERS. Die kanse dat dit gaan gebeur is bitter skraal.


Die wil van God vir ons lewens is baie duidelik. Dit staan in sy Woord — op baie plekke.


Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag — 1 Thessalonisense 5:18.

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid — 1 Thessalonisense 4:3.

Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat — 1 Petrus 2:15.

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God — Miga 6:8.

Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is — Romeine 12:2.

Help al hierdie verse jou?


Miskien. Miskien nie.


Hierdie verse gee ons algemene riglyne om ons te wys hoe ons veronderstel is om ons lewens te leef, maar jy mag 'n spesifieke probleem hê.


Jy wil weet wat God se wil is om die beste besluit in 'n spesifieke situasie te neem.


Wel, die belangrikste eerste.


God is meer besorgd oor ons langtermyn karakter as ons korttermyn geluk — en dit is baie goed!


Dis omdat alle dinge in hierdie lewe mettertyd sal vervaag, behalwe tot watter mate ons soos Christus is.


Indien dit jou pla en jy eerder antwoorde wil hê oor die besluite wat jy moet neem as om te weet wat God se wil is vir jou lewe is, dan hoop ek dat jy hier lees, in die wete dat ons die volgende uit liefde vir jou skryf —


Is dit nie juis die probleem nie?


Is dit nie die probleem dat ons eerder vinnige antwoorde soek, in plaas daarvan om te wees wie God wil hê ons moet wees nie?


Hierdie woorde het Jesus self gesê: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33).


Al hierdie dinge — al die antwoorde op ons vrae oor ons keuses of wat die wil van God is en al die dinge waaroor ons bekommerd is — sal volgens sy tyd aan ons openbaar word.


Die gebed in vers 10 is: "laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied ..."


"Nie laat my koninkryk kom en my wil geskied nie."


Sy wil vir ons is om meer soos Hy te word en daar is regtig niks beter as dit nie. Ons kan Hom vertrou dat Hy na die res sal omsien.


Jy mag dalk gesoek het na die antwoord wat God se spesifieke wil vir jou lewe is, maar moenie daaroor bekommerd wees nie — ons sal dit môre bespreek.


Vir nou kan jy vashou aan die wete — God het jou lief en dit is 'n belangrike waarheid. Omdat God jou liefhet, wil Hy net die beste vir jou hê. Hy wil hê dat jy op jou beste moet wees — nie net die beste wat jy kan wees nie, maar die beste wat Hy jou geskep het om te wees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Understanding God's Will

Was jy al ooit in 'n spesifieke situasie waar jy onseker was wat God se wil daarin is? In hierdie 3-dag leesplan verken ons hoe ons kan uitvind wat sy wil oor die algemeen asook sy wil, spesifiek vir ons lewens is.

Baie dankie aan Awe & Wonder wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aweandwonder.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid