Leesplan inligting

Rut: 'n Verhaal van God se Verlossende LiefdeVoorbeeld

Ruth: A Story of God’s Redeeming Love

DAG 2 VAN 7

In Rut 1 toon God sy getrouheid aan ons:


·God is getrou wanneer ons nie is nie


·God is getrou wanneer ons wanhopig is


·God is getrou wanneer ons sy beloftes vergeet.


Elimeleg, sy vrou Naomi en hulle twee seuns het geleef in 'n tyd toe Betlehem hongersnood ervaar het. Dikwels was hongersnood die gevolg van Israel se groot ongehoorsaamheid aan God. In daardie tye het God toegelaat dat sy volk hongersnood ly om hulle aan te moedig om van hul sondes te bekeer. In plaas daarvan om na God terug te keer, het Elimeleg sy rug op die Here gedraai en sy familie na Moab geneem. Hulle het probeer om God se straf vry te spring, eerder as om hulle te bekeer. Dit is asof Elimeleg gesê het: "As God nie vir my en my gesin sal voorsien nie, dan sal ek dinge in eie hande moet neem en dit self doen." God het egter vir Moab en hulle aanbidding van die valse god, Kamos, gehaat. Hy het uitdruklik vir sy mense gesê om niks met Moab te doen te hê nie. Elimeleg het oorlewing bo gehoorsaamheid gekies. Om vir sy gesin te sorg, het hom nie die reg gegee om God se opdragte te verontagsaam nie. God betaal egter genadiglik nie ons ontrouheid in eie munt terug nie (Romeine 3:3-4). Ons sal sien dat God getrou sal bly, al was hulle nie.


Terwyl hy in Moab was, het Elimeleg en sy seuns gesterf en Naomi agtergelaat met haar twee skoondogters, Orpa en Rut. Kan jy jou indink wat Naomi ervaar het? Naomi het voor die graf van 'n derde geliefde gestaan en het haar laagste laagtepunt bereik. Sy was wanhopig. Die verlies van haar man en seuns het verder gegaan as net die verlies van familie. Hulle was drie behoeftige weduwees in 'n vyandige land met geen middele om hulself te onderhou nie.


Teëspoed lei dikwels tot twyfel in God. Naomi was blind vir God se groter plan. Sy het nie aan God se bestaan getwyfel nie; sy het aan sy liefde en tere sorg getwyfel. Wanneer dinge egter vir God se mense die donkerste lyk, is daar dikwels 'n dag van God se genade om die draai. God is mét ons in ons swaarkry. Ons moet onthou: God sal getrou bly selfs wanneer ons wanhopig voel.


Toe die verheugde dorpsmense van Betlehem vir Naomi gegroet het, het sy vir hulle gesê om haar Mara te noem. Naomi het gevoel sy was die teiken van God se toorn want “die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak”. As sodanig het sy haar godgegewe naam (Naomi, wat “aangenaam” beteken) verruil vir ’n naam op grond van haar omstandighede en gevoelens (Mara, wat “bitter” beteken). Naomi kon nie sien dat God "aangename" dinge vir haar in gedagte gehad het nie. Sy het haar persepsie van die waarheid verander, en daarmee saam het sy haar begrip van God herdefinieer. Naomi het God nie meer as getrou en liefdevol teenoor haar gesien nie. Sy kon nie eens die persoon van Rut wat langs haar staan, "sien" nie. Rut, wat onsterflike liefde en toewyding aan Naomi verklaar het, sou dalk gedink het: "Ek staan net hier!" Naomi het die beloftes van God vergeet (Deuteronomium 31:8). Naomi het vergeet dat God belowe het Hy sal by haar wees en haar nooit begewe of verlaat nie. God is egter getrou, selfs wanneer ons sy beloftes vergeet.

Dwarsdeur die Skrif word ons herinner aan God se standvastige liefde. Deur die verskillende situasies in Naomi se lewe was God se liefde vir haar onveranderlik. Toe Elimeleg en Naomi hul rûe op God gedraai het, het Hy getrou gebly. God het getrou gebly toe Naomi wanhopig gevoel het nadat sy haar man en twee seuns verloor het. Toe sy God se beloftes vergeet het, het God syne onthou. Ongeag die omstandighede waarin ons ons bevind, ons kan ook op God staatmaak om aan ons getrou te wees. Hy sal sy kinders nie verlaat nie.


Het jy al ooit bitter of wanhopig gevoel soos Naomi? Het jy die seëninge rondom jou gemis omdat jy op jou pyn gefokus het? Ons is almal geneig om God se beloftes aan ons te vergeet en soos weeskinders te leef — in plaas van soos erfgename van sy koninkryk. Wat is 'n paar dinge wat jy kan doen om jouself te herinner aan God se getrouheid?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ruth: A Story of God’s Redeeming Love

Die boek Rut is miskien een van mees die indrukwekkende kortverhale van alle tye. Die boek Rut is 'n verslag van God se verlossende liefde. Die boek Rut is 'n fantastiese verhaal van hoe God die lewens van gewone mense g...

More

Ons wil graag vir Armchair Theology Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.timothymulder.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid