Leesplan inligting

Om God Te AanbidVoorbeeld

Worshipping God

DAG 6 VAN 6

Geestelike Gawes en Aanbidding

Wanneer die gawes van profesie en tale in 'n kerk gebruik word, lei dit tot bekering. Toe Jesus wonderwerke gedoen het, sou Hy sê: "Gaan na die priester; laat hy na jou kyk. Laat hy sien dat jy nie meer 'n melaatse is nie." Daar was geen rede vir oordeel en voorgee nie.



Die werklike gawes van die Gees sal beteken dat die wonderwerke sonder twyfel sal wees; die genesings sonder twyfel sal wees — en mense sal hulle bekeer.



Selfs wanneer die gawes sonder enige twyfel uitgeoefen word, het nie alle Christene dit nie. Ons het almal verskillende gawes en elke gawe wat God aan ons toevertrou en gegee het, is ewe belangrik in die liggaam. In ons fisieke liggaam sal ons die hele dag ellendig wees indien ons 'n seer toon het. Die kleinste deel van die liggaam kan die geheel beïnvloed.



Wanneer ons in die hemel kom, sal die erkenning daar nie met aardse erkenning ooreenstem nie. In die hemel sal die een wat die kleintoontjie in die liggaam is, net soveel beloon word soos die oog, indien hy in daardie taak getrou was.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Worshipping God

Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Ke...

More

Baie dankie aan R. T. Kendall en "Charisma House" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/kendallkindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid