Leesplan inligting

Dit Is Wat Ons DoenVoorbeeld

This Is What We Do

DAG 1 VAN 4

Om Te Begin Gee


Van die begin af het God gegee. Hy het asem aan die diere gegee, son aan die plante, plante aan die land, sterre aan die lug, man aan vrou, en vrou aan man. Alhoewel ons gesondig het en op 'n selfsugtige wyse sy skepping misbruik het, het Hy weer gegee. Hy het deur opoffering aan ons 'n pad terug na Hom toe gegee. Tog was dit nie genoeg vir ons vrygewige God nie. Hy het daarna sy volmaakte verhouding met sy volmaakte Seun prysgegee, sodat Hy die ewige lewe deur Hom aan ons kon gee. Toe Jesus gekom het, het Hy sy woorde, sy wysheid, sy optrede en toe sy lewe vir ons gegee. Toe Hy opgevaar het, het Hy 'n ander geskenk aan ons belowe, die Heilige Gees. Die Heilige Gees gee vandag ook vrylik sy gawes aan alle gelowiges.


Om te gee, is wat God doen, omdat God "gee" is.


Die hele lewenswyse, om 'n volgeling van Jesus te wees, is vir gee en deur te gee. Ons geloof is in God wat sy regte opgeoffer het om vir ons regte te gee; wat sy lewenswyse opgeoffer het om 'n weg vir ons lewens te maak. Gee is wat God doen, omdat God die verpersoonliking van gee is. Ons enigste redelike reaksie is dus om ons lewens, ons tyd, ons hulpbronne, ons dienste, ons toegeneenthede, ons aandag, aan Hom terug te gee.


Iets kleins wat ons aan God teruggee is die eerste gedeelte van ons inkomste. Die Bybel verwys daarna as 'n tiende. God is ons Voorsiener, en ons gee hierdie klein geskenk terug aan sy kerk. Jesus het nie iets groots daarvan gemaak nie, waarskynlik omdat dit 'n kulturele gegewe was. Buitendien, Hy het nie slegs vir sy dissipels 'n tiende van hulle inkomste gevra nie, Hy het hulle gevra om hulle nette neer te sit — hulle totale bron van inkomste — en Hom te volg. Tog het Jesus ons in Matteus 23:23 herinner om nie van die tiende te vergeet nie. In dieselfde vers herinner Hy ons ook om nie te vergeet van regverdigheid, genade en getrouheid nie. Weereens, God wil ons hele lewe hê.


God het reeds aan die begin gegee en die tiende gaan ook oor 'n begin. Dit is die begin van jou inkomste. Dit is die begin van jou vrygewigheid. Dit is die eerste sent van 'n rand. Dit word gegee aan die begin van jou begroting. Dit is 'n nuwe saadjie wat jy plant, wat die begin van 'n kragtige werk deur die kerk is.


Jou tiende is net die begin. Vrygewigheid is nie iets wat ons een of twee keer per maand doen nie. Jy is geskep na die beeld van God en deur Christus herskep. Gee is wat ons doen, ja, dit is wat ons doen, maar dit is omdat ons vrygewig is.


Vra jouself af: Is ek vrygewig? As ek begin om my tiende te gee, waarmee kan God in my hart en lewe begin? As ek reeds my tiende gee, met watter nuwe skenking wil God saam met my begin?


Kyk die Dit is Wat Ons Doen boodskappe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

This Is What We Do

Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid