Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 2 VAN 7

Dag 2/7

Jy kan seker wees dat jy gered is

Lees die volgende Skrifgedeeltes.

Johannes 1:12 (AFR53) - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo."

Handelinge 4:12 (AFR53) - "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."

Romeine 5:8 (AFR53) - "maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."

Johannes 5:24 (AFR53) - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe."

Antwoord die volgende twee vrae wanneer jy oor hierdie vier Skrifgedeeltes nadink:

  • Wat leer ek van God in hierdie gedeeltes?
  • Wat kan ek oor myself of ander mense in hierdie gedeeltes leer?

Bid en vra die Heilige Gees om hierdie Skrifgedeeltes vir jou oop te breek.

Skryf minstens drie dinge neer uit elkeen van hierdie Skrifgedeeltes.

Wat sê die Heilige Gees vir jou en wat gaan jy doen met wat die Heilige Gees vir jou sê?

Ons lees die Skrif, maar meesal doen ons nie wat die Gees vir ons sê nie. Ons moet van inligting-gebaseerde studie van die Skrif na gehoorsaamheid-gebaseerde studie van die Skrif beweeg.

Vra die Heilige Gees om vir jou een spesifieke ding te wys wat vir iemand anders tot seën sal wees. Wag op Hom. Hy sal vir jou wys.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid