Leesplan inligting

Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 5 VAN 7

God se Voorsiening vir Diegene wat nie kan Werk nie


In die beginjare van die Christendom het die kerk in Tessalonika geworstel oor wat om te doen met diegene wat werkloos is, net soos kerke soms vandag moet doen. Paulus het vir hulle opdragte gestuur: die wat in staat was om te werk, moet dit doen, maar die wat werklik nie kan werk nie, moet bystand van hul broers en susters in die kerk ontvang. Dit is duidelik dat Paulus beide in gedagte het dat alle Christene moet werk tot die mate waartoe hulle in staat is en dat die kerk vir diegene moet sorg wat in werklike nood is.


Vir dié van ons wat nie kan werk nie, is hierdie gedeelte 'n troos, wat ons daaraan herinner dat God bedoel om vir almal te voorsien, selfs dié van ons wat weens ouderdom of siekte, of om een of ander rede nie kan werk nie. Vir hulle in die kerk wat kan werk, is hierdie gedeelte 'n uitdaging om liefdadigheid te betoon aan diegene wat nie kan werk nie.


As die lidmate van die kerk in Tessalonika dit moeilik gehad het om te onderskei wie van hulle vir finansiële ondersteuning kwalifiseer, stel jou voor hoeveel moeiliker dit vandag is. Ons is dalk aan verskillende kante van politieke debatte oor hoe om vir die werkloses te sorg, maar ons kan begin waar ons is. Deur die mense in ons gemeenskappe te leer ken, kan ons agterkom waar daar nood is.


Gebed


Here, dankie dat U vir almal wil voorsien. U sorg selfs vir die lelies van die veld en die voëls van die hemel. As U my roep om te gee, wys my dan waar ek moet gee. As U my roep om te ontvang, help my om met genade te ontvang. Amen.


Verdere Verkenning

Volg die skakel en lees meer oor die boek Tessalonisense in die Theology of Work Bible Commentary en hoe om die werkloses te help.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid