Leesplan inligting

Word BevryVoorbeeld

Breaking Free

DAG 1 VAN 5

Die Voordele Van Bevryding



Jesaja se glorieryke weergawe van vrygelate gevangenes, beskryf God se voordele so: "Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie." (Jesaja 64:4)



God wil dinge vir jou doen wat jou oë nog nooit aanskou, jou ore nog nooit gehoor en jou gedagtes nog nooit kon peil nie. Net soos die Babiloniërs die kinders van Israel gevange gehou het, kan sekere terreine van gevangenskap ons verhoed om die realiteit van Jesaja 64:4 uit te leef. Ons definisie van gevangenskap is: "Christene word gevange gehou deur enige iets wat verhinder dat hulle die oorvloedige en effektiewe geesgevulde lewe leef wat God vir hulle beplan het."



Een van die mees effektiewe maniere om te bepaal of ons in gevangenskap is, is om te bepaal of ons die voordele geniet wat God vir elke kind van Hom bedoel het. Vra jouself: Ervaar ek die voordele van my verbondsverhouding met God deur Christus, of lyk die voordele waarvan ek in die Skrif lees, meer soos wasige gedagtes?



Volgens die boek Jesaja, bied God uit genade die volgende voordele aan sy kinders:

1. Om Hom te ken en in Hom te glo

2. Om God te verheerlik

3. Om bevrediging in God te vind

4. Om God se vrede te ervaar

5. Om God se teenwoordigheid te geniet



Hierdie voordele en hul Skrifverwysings, dien as 'n padkaart wat jou huis toe lei wanneer jy as 'n gevangene weggeneem is. Voordeel 1 is "Om Hom te ken en in Hom te glo."



Een van jou hoofdoele is om God intiem te ken, met respekvolle toegeneentheid.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free

Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid ...

More

Ons wil graag vir Beth Moore en Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lifeway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid