Leesplan inligting

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale VeranderingVoorbeeld

A Biblical View On Social Change

DAG 1 VAN 5

Prioriteite



In die evangelie van Lukas sien ons dat Jesus bekendmaak hoekom hy gekom het. Dit is ook honderde jare voor sy geboorte in Jesaja 61 geskryf. Watter redes gee Jesus vir sy koms? Gaan dit meer oor mense se geestelike behoeftes, hulle fisieke behoeftes of albei?



By nadere ondersoek van Jesus se boodskap, kan ons verstaan watter maniere God gebruik om ons uit te nooi om in vennootskap met hom te gaan en sodoende oplossings te vind vir die uitdagings van die behoeftes in ons gemeenskappe. Sonder God se betrokkenheid, kan ons nie in dié behoeftes voorsien nie — sonder ons vennootskap sal God niks doen nie.



Oordink:



Soms voel ons kragteloos en sonder hulpbronne om die probleme aan te spreek wat ons in die gesig staar. Die Skrif wys vir ons dat die beperkte hulpbronne wat ons het genoeg is as ons onsself aan God onderwerp. Hy is in staat om ons hulpbronne se effek te vermenigvuldig.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical View On Social Change

Baie Christen groepe is besorg daaroor om in mense se geestelike en/of fisieke behoeftes te voorsien. Wat behoort ons as Christene se prioriteite te wees? Wat leer die Bybel ons hieroor?

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid