Leesplan inligting

Gemaksug is nie 'n opsie nieVoorbeeld

Don't Settle For Safe

DAG 3 VAN 3

Leef volgens jou ware identiteit



Alles wat jy nodig het om mooi, suksesvol, ongelooflik, geseënd, vertrou te word, gerespekteerd, geëerd en gelukkig te wees, is reeds in jou lewe. Dit lyk miskien nie so nie, maar dit is slegs omdat jy op die verkeerde dinge fokus. Enigiets wat vroegtydig gebore word, dra ‘n risiko van komplikasie. Die komplikasies waarvoor jy te staan gekom het en wat jou laat ophou glo het, is eenvoudig dinge waaraan jy te vroeg geboorte geskenk het. Tog het God in sy goedheid jou 'n les uit daardie reis geleer wat jou beter bevoeg maak vir sy gebruik.



Moenie die lewe in jou eie hande neem nie. Beheer die deel van jou wat glo dat jy beter weet as Hy. Vertrou dat as jy iets nie het nie, dit is omdat jy nie gereed is daarvoor nie. Glo dat as dit oor jou pad kom, jy dit sal kan hanteer. Hou op om aan jou krag te twyfel en genade te toets. Moenie doen wat reg voel nie; doen wat jou 'n beter mens maak. Dit mag vereis dat jy 'n nuwe dissipline of 'n dieper vlak van kwesbaarheid moet hê. Daar sal talle dinge wees wat jou sal help om van jou onsekerhede ontslae te raak. Moet dit nie gebruik nie. Sien eerder jou onsekerhede vir wat dit is: "plekke waar liefde die leemtes kan vul". Wees so lief vir jouself dat die onsekerhede iets moois word.



Wees geduldig. Sodra jy die bestemming wat jy ingedagte het bereik, sal jy sien dat daar nog werk is om te doen. Jy sal dan wens dat jy genoeg tyd het sodat jy die uitsig kan geniet. Vind elke dag iets moois oor die lewe. Kyk verder as die rekeninge, die hartseer, die sterwende moeder, die afwesige vader, die moeilike kind en die mislukte drome. Sien die skoonheid in nog 'n dag, nog 'n kans. Kies om nie meer die gedagte, hoe dinge moes gewees het, te aanbid nie. Prys God dat Hy geweet het dat jy nie gereed was nie.



Wanneer jy jou ware identiteit begin vind, sal mense steeds kyk vir 'n brokkies van die ou jy. Sommige sal onsuksesvol wees; ander sal tevrede wees om die nuwe en verbeterde jy te leer ken. Hou 'n gedenkdiens vir diegene wat jou steeds wil herinner aan jou foute en swak besluite. As dit al is wat hulle kies om te sien, moet hulle nie toegang gee tot jou geseënde reis nie. Hulle is nie boos nie. Hulle is stukkend. Dis egter nie nodig om hul toe te laat om jou ook te breek nie. Jy hoef nie jouself te verloor in ‘n poging om hulle te probeer red nie. Wees sterk genoeg om jouself te kies.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Don't Settle For Safe

Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge ...

More

Ons wil graag Sarah Jakes Roberts en Thomas Nelson bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus https://bit.ly/YV-DontSettleforSafe

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid