Leesplan inligting

Sout En LigVoorbeeld

Salt And Light

DAG 3 VAN 5

In die tyd toe Jesus op aarde gelewe het, was lampe in huise lewensbelangrik. Hulle het die huise met lig gevul en die donkerte verdryf. As Christene het ons 'n soortgelyke rol in hierdie wêreld.



Stel jou 'n wêreld sonder lig voor. Dink aan hoe anders jou lewe sonder lig sou wees.



So 'n wêreld sou onveilig wees. Ons sou mekaar nie kon sien nie, of take verrig nie en dit sou moeilik wees om rond te beweeg. 'n Wêreld sonder lig sou vreesaanjaend wees. Donkerte is ook dikwels 'n sluier vir die bose en gevaar. 



Volgens Jesus is dit nodeloos om 'n geheime dissipel te wees. Hy het na Homself as die lig van die wêreld verwys — 'n lig wat nooit deur donkerte oorweldig kan word nie. 



Jesus is die lig van die wêreld en ons dui die pad na Hom toe aan deur middel van ons getuienis in woord en daad. As ons dit nie regkry om ander na Hom toe te lei nie, sal die wêreld donker bly en niemand sal floreer nie.



Jy kan lig in duisternis inbring, maar jy kan nie duisternis in lig inbring nie. Ons moet die pad met genade, liefde en deernis verlig.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Salt And Light

Jesus roep die kerk op om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees. Hierdie eienskappe is broodnodig vir 'n oorvloedige lewe. Hierdie studie ondersoek hoe ons veronderstel is om as die sout en lig op ons ...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid