Leesplan inligting

VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld

FREEDOM From Porn For Men

DAG 2 VAN 6

VRYHEID deur die Heilige Gees


Verandering begin sodra ons die probleem erken en dit bely, maar ons het God aan ons kant nodig om die Satan te verslaan. Sonder 'n verhouding met Jesus, is vryheid van verslawing bykans onmoontlik. Wanneer jy 'n ware volgeling van Christus word, word die Heilige Gees in jou gewortel en kry jy die krag om te word wie God jou geskape het om te wees. Dit is die krag wat ons nodig het om van verslawing los te breek. 



Die Heilige Gees verbind ons aan God op die mees intieme en kragtige maniere moontlik:


Die Heilige Gees woon deurentyd binne-in ons. 

Die Heilige Gees gee ons hoop en vrede gedurende moeilike tye. 

Die Heilige Gees gee ons mag oor versoeking en gee ons die krag en deursettingsvermoë tydens beproewinge. 

Die Heilige Gees plant die begeertes van God in ons en laat die vrugte van die Gees, insluitend selfbeheersing, in ons groei. 



Met ander woorde, die Heilige Gees is ons reddingsboei na vryheid. Ek weet dat vryheid moeilik is, maar jy is nie alleen in jou stryd nie. As 'n gelowige, het jy die Gees van God binne-in jou om jou die krag te gee om te verander.



Jy mag dalk sê dat jy 'n Christen is, maar nog steeds sukkel. Ons almal sukkel en die proses van verandering neem tyd, maar die krag is in jou. As jy weer verbrou en jy voel soos 'n mislukking, moenie moed opgee nie.  Jy mag dalk voel om vir God weg te kruip, nie kerk toe te gaan nie, of om die Bybel vir 'n ruk lank weg te bêre, maar dit is al die dinge wat die vyand begeer. 



Ek wil jou bemoedig — vryheid is moontlik en dit kan blywend wees. As jy verbrou, moenie moed verloor nie. Hou aan om jou na Jesus te wend, want Hy sal nooit moed verloor met jou nie. 



VRYHEID kan blywend wees deur die krag van die Heilige Gees. 



Onse Vader, dankie vir die gawe van u Heilige Gees. Mag u Gees my lei en nader na U toe trek. Ek gee beheer van my gedagtes aan U oor en vra dat U my begeertes sal verander. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

FREEDOM From Porn For Men

Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veran...

More

Baie dankie aan Need Him Global Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting oor die bediening of om aanlyn met 'n vrywilliger oor Jesus te gesels, besoek asseblief: www.needhim.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid