Leesplan inligting

Die Kuns om te OorkomVoorbeeld

The Art of Overcoming

DAG 1 VAN 7

Dag 1: Eindes is Ook Geleenthede vir 'n Nuwe Begin.

As jy al ooit die skielike dood van 'n vriend of familielid ervaar het, sal jy bekend wees met die onverbiddelike krag van die dood wanneer dit toeslaan. Dieselfde geld vir die verlies van enigiets wat ons waardevol ag. Dit voel soos 'n uitklophou wat ons in ons spore stuit. Ons voel magteloos, hopeloos en oorwonne.


Kan dit dalk wees dat verlies en rou nie so finaal is soos wat dit voel nie?


Hoe meer ek die Bybel lees en hoe langer ek Jesus volg, hoe meer raak ek oortuig van die volgende waarheid: Wat vir óns soos die einde lyk, is dikwels net die begin. Wat vir ons na verlies lyk, is uiteindelik wins. Wat swakheid behoort te wees, word krag. Wat tot teenspoed moes lei, werk uit tot voorspoed. Hoekom? Want dis hoe goed en almagtig God is. Hy het 'n manier om die slegste ding wat moontlik kan gebeur ten beste te verander.


Om egter ons perspektiewe te verander om die geheelbeeld te sien, is nie maklik of pynloos nie.


Kan jy dink wat gedurende 'n geboorte deur 'n babatjie se kop gaan? Ek was daar toe my seun gebore is — hy het dit nie vir een oomblik geniet nie! Hy sou waarskynlik verkies het om in die baarmoeder te bly. Hy sou hom nooit die vryheid van die buitewêreld kon voorstel nie.


Op dieselfde manier hou ons dikwels uit vrees vir die onbekende vas aan mense, plekke, of drome wat ons besig is om te verloor. "Klein sterftes of eindes" is vreesaanjaend omdat ons nie kan sien wat voorlê nie. Soos pasgebore babas het ons nie eens die taal om dit te verwoord nie.


In God se verhaal is die afsluiting van een hoofstuk dikwels net die begin van 'n groter geleentheid. Jesus het sy eie lewe beskryf as 'n koringkorrel wat eers moes sterf voor dit 'n groot oes kon inbring (Johannes12:23-25). Dieselfde beginsel geld vir ander soorte eindes in ons lewens.


Die dood is nie die einde nie. Dis 'n einde, ja, maar nie dié einde nie. Dit is ook 'n begin, 'n noodsaaklike stap voor dit wat nuut is 'n werklikheid kan word.


Haal dus diep asem in plaas daarvan om uit vrees vir die onbekende paniekerig te raak. Kies om God te vertrou. Neem daardie tree oor die drumpel. As 'n verpletterde droom, werksverlies, 'n verhouding wat verbreek is of enigiets anders jou lewe op sy kop gedraai het, is dit jou verantwoordelikheid om daardie einde op die regte manier te verwerk — en dan vorentoe te tree na dit wat nuut is.


God wil jou einde in 'n nuwe begin verander.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Art of Overcoming

Die lewe is vol terugslae, verlies, teleurstellings en pyn. "Die Kuns om te Oorkom" sal jou help om verlies, rou en seerkry te verwerk. Dit gaan daaroor om te weier om toe te laat dat die dinge wat soos die einde lyk jou...

More

Baie dankie aan Biblica wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.biblica.com/timtimberlake

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid