Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... InsigVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Insig

DAG 5 VAN 5

Seine

Jesaja 30:15: “So het die Here my God, die Heilige van Israel gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”

“Wanneer jy die sein hoor is dit 10:47 en 15 sekondes”. Dit is wat die landlyn se telefoondiens vir jou sê as jy die nommer, 1026, skakel. Die presíese tyd op daardie oomblik. Om so presies as moontlik op tyd te wees, is vir my belangrik; om blikkieskos in 'n ry te pak (nie onderstebo nie), om verjaarsdae alfabeties te rangskik en elke nael ewe lank te vyl volgens my vingers se lengte, om boeke van klein tot groot te sorteer en so aan. ‘n Presiese pyn is wat ek is om tyd so deur te bring!

Dit beïndruk niemand nie. Inteendeel, mens word onnodiglik moeg. Wat van meer belang is, is om te stop en jou kind se pleitdooi vir nog ‘n storie voor slaaptyd te hoor en om die speelgoed wat oral rondlê met ‘n blye hart op te tel ... Jy hét ‘n kind wat kan speel. Elke sekonde wat verbytik is deel van die sein ... tik-tik-tik ... jou lewe word al korter.

Niemand is perfek nie. Dankie tog, Jesus het aarde toe gekom. Hy het ons "seine kom instel", ‘n wete dat ek feilbaar is en dat elke asemteug saam tik-tik-tik. Jesus het daardie dag aan die kruis, vir my en jou die tyd laat stilstaan, sodat ons intyds met Hom kan leef en sy voorbeeld kan volg. God het tyd geskep — hoe gebruik (misbruik) ek dit?

Die hemelse horlosie het twee arms, een staan op nege en die ander op drie — oop arms wat ons binne-in sy eie tyd innooi. Die tyd wat ons op aarde gegun word loop uit, en tog jaag ons dit ... daarmee sê ek nie dat jy in ‘n laatkommer moet verander nie, maar dat ons elke sekonde moet gebruik om waarde toe te voeg. Luister. Lees. Vertel weer. Speel saam tussen die speelgoed wat rondlê.

Ons krag lê in stil wees en vertroue. Om tot rus te kom. Haal asem. Jou tyd is in sy groot hande en ons moet van dáárdie tyd neem om ook op Hom te fokus.

Vader ek wil daagliks van die kosbare tyd wat U my gun, by u voete kom sit ... ek wil tyd opoffer om te fokus op dié dinge wat ewigheidswaarde het. Leer my om ingestel te wees in 'n ritme met u hartklop.

Neem jou dagboek of stel jou foon se alarm en kyk waar jy doelbewus tyd kan inruim om stil te word, om te vergeet van jou taaklysie en te fokus op die Gewer van tyd.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Insig

Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybe...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid