Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 1 VAN 10

"Vince Lombardi Graveer Bybelvers Parafrase op Kampioenskapring"



Super Bowl II (14 January 1968): Green Bay Packers 33, Oakland Raiders 14



"Om te wen is nie al wat tel nie. Dit is die énigste ding wat tel."



Vince Lombardi, hoofafrigter van die legendariese Green Bay Packers, was nie die eerste persoon om daardie ikoniese aanhaling te uiter nie (die meeste historici gee erkenning aan Red Sanders, afrigter van die UCLA voetbal, vir daardie gesegde). Nietemin, Vince Lombardi is hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik om dit 'n permanente deel van die woordeskat van Amerikaanse sport te maak.



Dit is omdat Lombardi die tipiese wenner en een van die beroemdste afrigters in die NVL se geskiedenis is. Na 15 seisoene van middelmatigheid, het Green Bay die afrigter, afkomstig van Brooklyn, aangestel om die historiese konsessiesaak (franchise) na sy vroeër wen-era terug te bring. Deur die loop van die daaropvolgende nege seisoene, het Lombardi alle verwagtinge oortref toe hy die Packers na 'n rekord 89-29 en vyf NVL-kampioenskappe (insluitende Super Bowls I en II), gelei het.



Vandag leef sy nalatenskap voort deur die Vince Lombardi Trofee, wat aan die NVL-kampioen gegee word na die jaarlikse AFC-NFC wedstryde.



So toegewyd as wat hy aan uitnemendheid as afrigter was, was Lombardi selfs nóg vuriger in sy toewyding aan sy geloof en gesin. Hierdie geliefde leier, wat oorspronklik studeer het om 'n priester te word, was bekend vir sy opregte Katolieke geloof en het nooit die Sondagmis oorgeslaan nie.



Nadat Green Bay die Super Bowl II gewen het, het Lombardi die woorde "Hardloop Om Te Wen" op sy kampioenskapring laat graveer. Hierdie parafrase verwys na die Bybelvers wat gewild geword het in die konteks van atletiekmededinging.



"Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen" (1 Korintiërs 9:24).



Al is hierdie woorde van die apostel Paulus soms gebruik om 'n onbelemmerde kompeterende gees te regverdig, het Lombardi blykbaar verstaan dat dit eintlik die hart agter die atleet se inspanning is wat die meeste saakmaak.



"Wanneer ons ons afhanklikheid in God plaas, is ons nie beswaard en bekommerd nie," het hy een maal gesê. "Trouens, ons mag selfs roekeloos wees, in soverre dit ons aandeel in die produksie aanbetref. Hierdie selfvertroue, hierdie sekerheid van optrede, is beide aansteeklik en help met die perfekte aksie. Die res is in God se hande - en dit, menere, is dieselfde God wat al sy gevegte tot dusver gewen het."
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid