Leesplan inligting

Hoekom wag?Voorbeeld

Why Wait?

DAG 3 VAN 4

“Hoekom wag? Bel nou!"


Die advertensie se boodskap was duidelik. As jy nie binne die volgende 30 minute bel nie, gaan jy baie misloop. Jy moes DADELIK optree, kredietkaart in die hand!!


Die Christelike lewe werk selde soos hierdie soort advertensies. Ons kry selde wat ons NOU wil hê, en om te verwag ons verhouding met God moet so wees dat Hy DADELIK OPTREE, sal ons net frustreer en verwar. Ons moet onthou dat God se gedagtes en optrede nie soos ons s'n is nie (Jesaja 55:8-9)!


Hoekom voel dit of God ons dikwels op Hom laat wag vir die antwoorde op soveel dinge? Ek het onlangs 'n onderwyser hoor sê dat ons op die Here wag, want Hy doen 1) 'n groter werk BUITE ons gedurende 'n wagtydperk, soos Hy gedoen het met die koördinering van die wêreldtoneel terwyl Josef gewag het om met sy gesin herenig te word, 2) Hy doen 'n groter werk BINNE ons gedurende 'n wagtydperk, soos Hy in Dawid gedoen het terwyl hy op God gewag het vir verlossing van Saul, of 3) albei gelyktydig. Elke wagtydperk het dus 'n belangrike doel, moontlik waarvan ons nie hou nie, maar wat uitloop "op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly" (2 Korintiërs 4:17).


Wat doen ons terwyl ons wag? Vandag se gedeelte is leersaam. Daarin lees ons: “Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord” (Psalm 130:5). Terwyl ons wag dat God antwoord op wat net Hy kan verander, moet ons ons harte DAAGLIKS deur sy Woord bemoedig. Daar kan ons moed skep as ons lees hoe Hy gewerk het in die lewens van mense soos Abraham, Sara, Job, Paulus en talle ander wat op die Here gewag het.


In Lukas 2 lees ons van Anna die profetes, “’Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien” (Lukas 2:37). Anna het haar HELE lewe gewag om die beloofde Messias te sien, en wat sy in haar wagperiode gedoen het, spreek boekdele. Sy het God dag en nag met vas en gebede gedien. Alhoewel ons dalk nie elke oomblik van elke dag kan vas en bid nie, kan ons harte gekenmerk word deur 'n houding van eerbied en aanbidding terwyl ons op God wag.


Wag ons op God met dieselfde verwagting soos Anna gewag het? Vertrou ons Hom terwyl ons wag? Bepeins ons sy Woord, in die wete dat Hy getrou is om te doen wat Hy gesê het?


Om die vraag te beantwoord: "Hoekom wag?" Ek sê ons wag, want ons God en alles wat Hy binne en buite ons doen, is die wag werd!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Why Wait?

Ek hou nie daarvan om te wag nie. Dit is waarskynlik hoekom God my weer en weer leer om getrou, hoopvol en met verwagting op Hom te wag. As jy vir iets op die Here wag, moenie hierdie reis misloop hoe ons gedurende wagt...

More

Ons wil graag vir Carol Eskaros bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://anchor.fm/carol-eskaros

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid