Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 1)

DAG 1 VAN 5

Ek ken jou. Jy is lief vir jou kinders, maar jy is oormoeg, verby uitputting, verdrink in doeke, wasgoed en vuil skottelgoed, en het geen idee wat jy vir aandete gaan maak nie. Jy is veronderstel om jou kinders iets te leer, met ’n goeie gesindheid van die werk af te kom? Dit is bietjie erg.


Al wat jy vra, is om te stort sonder dat iemand by die badkamerdeur skree, en sal amper enigiets prysgee vir 'n ordentlike nagrus. Jy voel onsigbaar, ongewaardeer en oorweldig. Jy is 'n ma.


Ek is ook 'n ma, al is ek jou vooruit op die pad. Ek is nou 'n 63-jarige trotse ouma van 19 kleinkinders, wat sewe kinders grootgemaak en tuisonderrig gegee het — wat ongelooflik nog van my hou — en ons het almal oorleef om daarvan te vertel!


Ek was waar jy is. Dit is moeilik. Moederskap is geen glansryke werk nie, maar dit is die hoogste roeping wat jy ooit sal hê — 'n roeping wat jou dinge sal leer wat jy nie geweet het jy moet weet nie.


Hierdie werk sal uiteindelik eindig en jou laat met grys hare, ontelbare plooie, 'n vel wat nie meer so ferm is nie, en tog 'n hart wat gegroei en uitgebrei het op maniere wat jy nie geweet het moontlik is nie. As jy dit toelaat, sal hierdie werk van moederskap jou meer soos Jesus maak.


Kom ons wees eerlik — kinders is behoeftig. Ons ewigdurende toewyding in hul lewens laat ons ook uitgeput en behoeftig voel. Dit is in orde, want ons is ook kinders. Kinders van God. Hy is net so lief vir ons soos wat ons ons eie kinders het, ten spyte van ons wanorde, ons parmantige houding, en selfs wanneer ons sy hart breek.  Hy het ons selfs meer lief as wat ons ons eie kinders liefhet. Hy het ons lief omdat ons Syne is.


Net soos ons kinders van ons leiding afhanklik is, verseker Hy ons dat ons nie hierdie ma-ding alleen hoef te doen nie. Hy is met ons met elke tree as ons net wil uitreik en Hom om hulp vra.


Ek word herinner aan die verhaal van 'n seuntjie wat ongeduldig in 'n lang tou vir kruideniersware staan. Sy ma hou sy klein handjie stewig vas terwyl hy voortdurend probeer om los te kom. “Mamma! Jy maak my seer,” kerm hy hard.
 


“Ek is nie die een wat wegtrek nie,” antwoord sy hom.


Uitgeputte mamma, het jy onlangs tyd saam met Hom deurgebring? Sy hand vasgehou? Hulp gevra?


Vader, as u dogter, u klein dogtertjie, sit ek aan u voete, moeg, verslete en uitgeput. Ek vra vir u krag om myne te wees. Ek het U so nodig. Mag u groot liefde vir my oorspoel na my liefde vir my kinders. Vandag kies ek om aan u sy te staan ​​en u hand vas te hou terwyl ons hierdie dag saam aandurf.


Oorweeg dit om hierdie gedeeltes uit Die Boodskap te lees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 1)

Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid