Leesplan inligting

#KiesDieLeweVoorbeeld

#KiesDieLewe

DAG 1 VAN 4

“Soek allereers die koninkryk – Leer by Henry Cloud” Dr Henry Cloud is ’n wêreldbekende sielkundige, skrywer en spreker by topklas leierskapkonferensies oor die hele wêreld heen. Hy is die medeskrywer van die BOUNDARIES-reeks boeke waarvan miljoene eksemplare oor die hele wêreld heen verkoop is. Henry was op universiteit toe een van sy verhoudings met ’n meisie nie uitgewerk het nie. Terselfdertyd is ’n ander droom van hom verpletter. Hy het baie depressief gevoel en was “at the end of his rope”, soos hy dit self beskryf. Hy was glad nie godsdienstig toe hy hierdie vreeslike gaping tussen sy drome en die realiteit ervaar het nie. Op sy boekrak het ’n Bybel gestaan en hy het dit opgetel. Hy het dit oopgemaak by die vers wat sê jy moet die koninkryk van God eerste soek, dan sal Hy vir jou al die ander dinge gee. Verder het die gedeelte gesê dat jy jou nie oor môre moet bekommer nie. Hy het vir hom die saak uitgemaak dat God hier ’n lewe belowe wat werk omdat God dit laat uitwerk. Wie wil dit nie hê nie? Hy het tot God gebid en vir God gevra om hom te vind. Van daardie dag het Henry die Bybel as sy basis gebruik om mense te help. Hy noem die Bybel die vernaamste behandeling vir depressie, angs en verslawing. Enige suksesvolle kliniese proses of praktyk kan jy teruglei na die Bybel. Dis vir Henry belangrik dat elke mens moet weet dat God ’n werklikheid is – ’n realiteit en Hy het jou baie lief. Jy kan jou lewe maar aan Hom toevertrou. GEBED: Here, dankie dat ek in u arms kan spring. Dankie dat U my toekoms in u hand hou en dat ek my nie hoef te bekommer nie. Hierdie oordenking is geneem uit #KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

#KiesDieLewe

Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God ...

More

Ons wil graag Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid