Leesplan inligting

Infinitum Gesin Advent, Week 3Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 3

DAG 2 VAN 5

Gister het ons gepraat oor die “ontvang” van Jesus (of om Hom te verwelkom) in ons harte en daardie idee kan nogal kragtig wees. Jesus leer ons egter nog 'n verstommende idee wat te doen het met die kamer wat ons in ons harte het ... Jesus sê vir ons dat wat ons ook al aan mense doen, is dit asof dit aan Hom gedoen is. Sjoe, hoe werk DIT?!


Ons weet nie! Op 'n manier maak dit egter nogal sin ... toe God die mens geskep het, het Hy 'n bietjie van Homself in elkeen van ons geplaas. Wanneer ek jou dus vertel hoe ongelooflik jy is, voel Jesus dalk ook daardie warm, gloeiende gevoel. Selfs al kan ons dit egter nie volledig verduidelik nie, sê Jesus vir ons dit is hoe dit tussen mense werk.


Weet jy wat die BESTE Kersfees kan wees?! As Jesus jou kuiergas was vir die vakansie. Hallo! Sou dit nie so fantasties wees om terug te kyk op hierdie Kersfees met die wete dat Jesus in jou huis gekom het en dat jy Hom verwelkom/ontvang het met die beste wat jy gehad het om te bied nie? Jou beste gesindheid, jou beste huldeblyk aan die Kerstyd, jou beste geskenk idee, miskien het jy jou bed opgegee, sodat daar iewers plek was vir Hom om te slaap?


Jesus het gesê: "Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My." Dit lyk egter ook nie of Hy van ons vereis om groot, spoggerige dinge te doen nie. Hy het 'n verhaal aan sy volgelinge vertel oor wat Hom behaag en die voorbeelde was dinge soos om vir iemand 'n glas water aan te bied, jou jas met iemand wat koud kry te deel, en iemand aan te moedig wat ‘n moeilike tyd beleef.


Wanneer jy dus dink aan hoe jy Jesus hierdie Kersfees kan verwelkom of onthaal deur ander mense te verwelkom of te trakteer, wat is 'n paar EENVOUDIGE maniere waarop jy dit kan doen?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Wor...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid