Leesplan inligting

Infinitum Gesin Advent, Week 2Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 2

DAG 4 VAN 5

Vrygewigheid bou ons vertroue in God


Neem 'n oomblik om 'n paar dinge wat ons van God weet, te noem. Ons sal jou aan die gang kry: God is sagmoedig, geduldig, betroubaar, veilig en beskermend. Kan jy nog 'n paar noem?


Is dit nie van die eienskappe waarna ons in 'n vriend soek nie? Wil ons nie mense in ons lewens (na aan ons harte) hê wat sagmoedig en betroubaar, beskermend en geduldig is nie? Om tyd te neem om aan God te dink as ons VRIEND, help ons om te onthou dat ons in goeie geselskap is. Hy sien om na ons. Hy gee om wat met ons gebeur. Hy sal dinge doen om ons te help.


Wanneer dit is hoe ons God voorstel, gee dit ons die moed om vrygewig te wees, want ons hoef nie bekommerd te wees oor wie na ons omsien terwyl ons omsien na ander nie. Ons WEET wie ons bystaan: God. Ons Vriend.


Is daar 'n omstandigheid in jou wêreld waar jy vrygewig WIL wees, maar jy hou terug omdat jy bang vir iets is? Hoe kan die uitbeelding van God as jou Vriend jou die moed gee om die risiko van vrygewigheid te neem?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 2

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Wor...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid