Leesplan inligting

Hoop wat kaalvoet loopVoorbeeld

Hoop wat kaalvoet loop

DAG 1 VAN 14

“Mét hoop kan jy kaalvoet loop!” Hoop is nooit ’n groot vuur waarby jy jou kan verwarm en jou dag en nag heerlik kan koester nie. Dit is eerder ’n klein vlammetjie wat net genoeg lig gee wanneer dit baie donker is, skryf Izak de Villiers. Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Kinders van die lewende God kan met die vaste wete leef dat ons Vader altyd in beheer is en dat Hy ons sál lei en ons veilig by sy bestemming sál uitbring. Glo vandag dat jy sy wysheid in jou het, dat sy moed in jou hart gegraveer is en dat die hoop wat Hy bring ook jóú deel is. GEDAGTE VIR DIE DAG: Met hoop kan ’n mens duisend kilometer kaalvoet loop. Sonder hoop sal selfs die beste Nike-tekkies nie die ding kan doen nie. Mag jy kaalvoet deur elke dag huppel. GEBED: Here, met my hand stewig in U s’n, hóóp ek. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid