Leesplan inligting

Maria – ’N Vrou Van Die BybelVoorbeeld

Maria – ’N Vrou Van Die Bybel

DAG 1 VAN 7

Maria, die ma van Jesus

Haar naam kan beteken “Bitterheid”

Haar karakter: Sy was ’n maagd uit ’n arm familie wat in ’n obskure dorpie in Galilea gewoon het. Haar antwoord aan Gabriël dui op ’n jong vrou met ongewone geloof en nederigheid. Haar volmondige ja vir God se plan vir haar lewe het vir haar groot risiko en swaarkry ingehou. Sy moes seisoene van verwarring, vrees en duisternis ervaar het soos wat gebeure in haar lewe ontvou het. Sy word nie net as ma van Jesus geëer nie, maar ook as sy eerste dissipel.

Haar hartseer: Om te sien hoe die Seun wat sy liefhet verneder en gemartel word, en aan die kruis moes sterf soos die ergste misdadiger.

Haar vreugde: Om te sien dat haar Seun opgewek is uit die dood; om die Heilige Gees te ontvang saam met die ander dissipels.

Kernverse: Matteus 1:18-25; 2; Lukas 1:26-80; 2:1-52; Johannes 19:25-27

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Maria – ’N Vrou Van Die Bybel

’n Bybelstudie oor ’n vrou van die Bybel sal jou opnuut laat besef hoe lief God sy kinders het en sal jou verhouding met die Skepper verinnig. En daar is min vroue so inspirerend soos Jesus se eie ma. Ons kan soveel by h...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid