Leesplan inligting

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Voorbeeld

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAG 5 VAN 21

“Die gebed van ’n regverdige” Daar is twee woorde wat God vir my gegee het – “volhard” en “najaag”. Ons moet dit begin doen. Daar is te veel van ons wat moed opgee of van rigting verander; daarom bereik ons nooit werklik iets nie. Ons moet by God hoor wat Hy wil hê ons moet doen en dit dan met ons hele hart najaag. Dink aan die twee blinde mans wat wou hê Jesus moes hulle gesond maak (Matteus 9:27-30). Hulle het agter Hom aangekom en toe hulle Hom inhaal, het Jesus hulle gevra: “Glo julle regtig Ek kan julle gesond maak?” (vers 28). Jesus het hulle oë aangeraak en die Bybel sê hulle kon daarna sien en het oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is. Hul geloof het hulle gesond gemaak. Wat die deurslag gee, is dít: Glo jy dat Hy kan? Dit gaan oor geloof – geloof dat Jesus Christus die Seun van God is, geloof dat Hy ’n wonderwerker is en dat Hy gister, vandag en vir altyd dieselfde is. Jy kan óf glo dat die Here gebede verhoor óf jy kan dit aan toeval toeskryf. Maar ek wil vir jou sê dat jy nie vir die res van jou lewe sal kan sê dis toevallig nie. Ons dien ’n almagtige God wat van ons verwag om Hom na te jaag en te volhard. As jy aanhou om aan die deur te klop, sal dit oopgaan. Ons moet dít wat ons begin het, deurvoer. God eer die vurige gebed van ’n regverdige mens. Hy het dit in my lewe gedoen – nie een keer nie, maar talle, talle kere. Vir my het dit ’n leefstyl geword – om eers God se wil te soek en dan te volhard totdat dit gebeur. Dis baie opwindend en ook baie lonend. As Christene is ons al op talle maniere getoets en ons sal aanhou om getoets te word. Baie is al ontnugter, maar ek wil jou aanspoor om weer die droom na te jaag wat God jou gegee het en dan te volhard totdat dit ’n werklikheid word. GEBED: Vader, ek glo dat gebed kragtig en effektief is, en dat U die gebede hoor van almal wat U aanroep. Bemoedig my asseblief om deur te druk en my droom na te jaag sodat ek sal volhard totdat U antwoord. Amen. Geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS DEUR ANGUS BUCHAN © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. H...

More

Ons wil graag Angus Buchan / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumuitgewers.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid