Leesplan inligting

Leef God se Goedheid UitVoorbeeld

Living Out God's Goodness

DAG 1 VAN 4

GOD IS GOED



PRAAT MET GOD

Dank die Here dat Hy die gawe van vriendskap aanbied en ons liefhet en vra Hom om jou te help om Hom beter te ken en lief te hê.



KOM ONS BEGIN

Maak 'n gunsteling drankie (melkskommel, smoothie, ens.) vir elke lid van die gesin. Gee vir elkeen 'n strooitjie om dit mee te drink. Daag hulle uit om die drankie te drink sonder dat die strooitjie daaraan raak.



KOM ONS DELF DIEPER

Toe julle probeer het om te drink sonder dat die strooitjie aan die vloeistof raak, het julle uitgevind dit werk nie. Dit is net wanneer die vloeistof die strooitjie omring, dat die lekkerte in die glas deur die strooitjie kan vloei. Jesus het gesê net God is goed (Lukas.18:19), so jy kan nie goed wees sonder Hom nie. Om werklik God se goedheid in te drink moet jy met Hom omring wees. Dit is soos om sy goedheid in te drink. Jy kan dit doen deur Jesus as jou Heer en Verlosser te aanvaar en 'n verhouding met Hom na te jaag. God werk in jou hart om jou te help om sy wil te erken en te doen. (Filippense 2:13) Soos wat jy bid en uit die Woord van God leer, sal jy in jou verhouding met Hom groei, en sy goedheid word in jou gevorm.



GESELS MET MEKAAR

* Op watter manier "drink" julle God se goedheid in?

* Wat weerhou julle daarvan om dit te doen?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Out God's Goodness

"Soet wees!" is iets wat kinders oor en oor hoor — van hulle ouers, onderwysers en selfs baasspelerige ouer boeties en sussies. Wat behels dit nou eintlik om "soet te wees"? In hierdie 4-dag leesplan sal jy en jou kinder...

More

From Focus on the Family's www.focusonthefamily.com/youversion. © [2011] [Jeanne Gowen Dennis]. Used by permission. For more information, please visit: www.focusonthefamily.com/youversion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid