Leesplan inligting

Stil Oomblikke Saam Met JesusVoorbeeld

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

DAG 1 VAN 7

Fokus op God

Ek weet dit voel of dinge nooit sal verander nie, of niks beter word nie maar net erger … en jou geloof neem af hoe meer jy bid en bid en niks gebeur nie. Slegs wanneer jy jou oomblik in die lig van die ewigheid sien, kan jy my perspektief op die situasie verstaan. Ek is besig om iets te doen. Dit is in hierdie storm wat jy oortuig is jy nie gaan oorleef nie waar jy verseker kan word dat Ek dit toelaat om ’n rede wat jy nie nou kan verstaan nie. Maar as jy op My vertrou, sal jy nie net hierdeur kom nie; jy sal ook wonderwerke beleef wat jy nooit verwag het nie.

Die lewe is ’n geloofsreis wat jou voorberei vir die ewigheid. Wanneer die storms van die lewe om jou woed, moet jy jou oë op My hou. Fokus op my vrede. Moenie toelaat dat die wind en die golwe jou geloof wegkalwe nie. Vind jou krag in My, vind vrede in die beloftes wat God aan jou gemaak het en vestig jou hart en verstand op die ewige hoop en vreugde wat aan jou belowe is.

Daar sal tye wees wat dit vir jou voel of jy deur ’n dal van doodskaduwee loop, maar Ek is by jou, al lyk dinge hoe hopeloos. Ek lei jou na groen weivelde waar jy kan rus, na waters waar daar vrede is.

GROEI IN GELOOF: Is jou oë op die storm of op Jesus gefokus? Moenie toelaat dat die wind en die golwe van jou omstandighede jou geloof laat wankel nie. Wees vasberade om jou oë op Jesus te hou sodat jy sy rus en vrede kan ervaar terwyl jy op sy wonderwerk wag.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid