Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 1 VAN 7

Goeie en swak besluite

’n Verstommende 400 miljoen grepe inligting bereik daagliks die brein. Dié moet deeglik uitgesif en verwerk word volgens verskeie vlakke, wat die hoogste voorkeur aan die belangrikste inligting gee. Volgens navorsing deur verskeie universiteite, insluitend Cornell en Roberts Wesleyan-kollege, kan ’n volwassene tot 35 000 besluite in ’n enkele dag neem. Dit sluit byvoorbeeld gemiddeld 227 besluite net oor kos in – ’n gewigtige saak … Kinders se besluitneming is tot sowat 3 000 besluite per dag beperk, wat minder as 10% van volwassenes se besluitneming behels.

Wat opval, is dat gemiddeld sowat 18,5% van die besluite in ’n mens se leeftyd swak besluite is. Dit beteken darem dat meer as 80% goeie besluite is. Tog kan die swak besluite die verloop van jou lewe bepaal en selfs ernstige gevolge inhou.

Paulus moes ook vele gewigtige besluite neem wat sy sendingreise betref. Hy was nie altyd seker hoe dit presies sou verloop nie, soos hy in sy brief aan die Korintiërs aandui: ’n kort besoek of selfs ’n hele winter lank. Waarheen ook al daarna. Besluite het verskillende uitkomste.

Een van die gewigtigste besluite wat enigeen kan neem, is die geloofsbesluit: Ja, ek glo in God, Jesus en die Heilige Gees en al die beloftes wat in die Bybel gegee word. Of: Nee, dis sommer stories. Die beste besluit wat enigeen kan neem, is om “ja” te sê.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid