Leesplan inligting

Bruikbaar vir GodVoorbeeld

Useful to God

DAG 1 VAN 8

Oorgegee


Abraham het God geglo (Genesis 15:6), maar hy het nie verstaan hoe God se beloftes sou plaasvind nie. Nadat hy uit sy vaderland geroep is, en aan hom 'n land, volk en seëninge belowe is (Genesis12:1-4), het hy gesukkel met die struikelblokke wat in die pad van daardie beloftes gestaan het. Waar was sy erfgenaam byvoorbeeld (Genesis 15:2)?


Selfs nadat God vir Abraham gesê het dat sy "eie seun" sy erfgenaam sal wees (Genesis 15:4), word Abraham gekonfronteer met die werklikheid van sy vrou, Sara, wat onvrugbaar is (Genesis 11:30). In 'n poging om ‘n oplossing vir hierdie probleem te kry, wend Abraham hom na Hagar, Sara se Egiptiese slavin, om 'n kind te kry. Ismael word gebore en vir die volgende dertien jaar glo Abraham dat Ismael sy erfgenaam sal wees. Op daardie stadium sê God egter vir Abraham: "... jou vrou Sara sal vir jou 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Isak noem" (Genesis 17:19).


Nadat Hagar en Ismael weggestuur is (Genesis 21:8-21), stel God vir Abraham op die proef deur hom te beveel om vir Isak te offer (Genesis 22:1-2). Abraham bevraagteken God nie soos hy in die verlede gedoen het nie (Genesis 18:22-33), maar maak homself, Isak en twee diensknegte gereed vir 'n reis na die landstreek Moria (Genesis 22:3-4). Met hulle aankoms, laat Abraham sy dienaars met die donkie agter, en hy en Isak gaan voort teen die berg op (Genesis 22:5). Toe Isak sy pa vra waarom hy nie 'n lam vir die offer gebring het nie, antwoord Abraham eenvoudig: "My seun, God sal sy eie offerlam voorsien" (Genesis 22:7-8).


Met Isak op die altaar lig Abraham die mes op om sy seun te slag, maar die engel van die Here stop hom en sê: "Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie" (Genesis 22:10-12). Toe Abraham weer kyk, sien hy 'n skaapram wat aan sy horings in 'n bos vasgevang is. Hy offer die ram in plaas van Isak en noem die plek: "Die Here voorsien" (Genesis 22:14).


Sy bereidwilligheid om sy seun op te offer, is 'n daad van oorgawe. Abraham het nie geweet hoe God sy beloftes sou vervul as Isak nie lewe nie, maar Abraham het geweet dat God dit sou doen (vgl. Hebreërs 11:17-19).


Ons gee aan God oor deur toe te laat dat ons geloof deur ons dade volkome gemaak word (Jakobus 2:22-24). Ons toon so ons bereidwilligheid om ons ambisies, begeertes en begrip opsy te skuif om God se leiding te volg, en dan begin ons 'n lewe leef wat aan Hom oorgegee is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Useful to God

Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, ...

More

Baie dankie aan D.L. Moody Center wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://moodycenter.org/d-l-moody-center/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid