Leesplan inligting

Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld

Breaking Free From Depression

DAG 1 VAN 6

Hoekom Maak Gevoelens Seer?

Het jy al ooit angstigheid, hartseer, woede, vrees, bekommernis, jaloesie of eensaamheid ondervind? Miskien vereenselwig jy een of al hierdie "negatiewe" gevoelens met swakheid of die onvermoë om die lewe te hanteer. Dit is nie die waarheid nie. Het jy geweet daar is baie voorbeelde in die Bybel van die Vader, Seun en Heilige Gees wat emosies gehad het? Kom ons kyk na sommige wat nie "positief" was nie.



God beskryf Homself as 'n jaloerse God in Eksodus 20 (AFR53) toe Hy opdragte gegee het dat geen ander gode gedien mag word nie. Jesus het woede ervaar teenoor die skynheilige aksies van die godsdienstige leiers, hartseer oor die dood van 'n geliefde vriend en selfs verwerping terwyl Hy aan die kruis gehang het (sien Matteus 23 en 27 en Johannes 11). Efesiërs 4 verwys na ons vermoë om die Heilige Gees deur ons aksies te bedroef.



Om van hierdie "negatiewe" emosies in God te lees, kan verrassend wees. Ons weet ons God doen nooit sonde nie, maar Hy ervaar tog al hierdie emosionele reaksies; wat ons kan help om ons emosies in 'n beter lig te beskou.



God het ons "negatiewe" emosies so ontwerp dat dit die eerste linie van verdediging in ons innerlike WAARSKUWINGSTELSEL is. Die Bybel en sielkundige wetenskappe openbaar dat ons emosies ervaar, gebaseer op ons siening van 'n situasie. Die emosie is 'n vorm van terugvoer.



As ons die situasie as voordelig beskou, ondervind ons 'n positiewe emosie om meer sulke situasies aan te moedig. Negatiewe gevoelens maak ons bewus daarvan dat die situasie moontlik gevaarlik kan wees, ons kan seermaak, ekstra aandag nodig het, dit verloop nie reg nie, of ons beskou nie die situasie reg nie.



Om die waarheid te sê, hierdie gevoelens is soos die rooi ligte op die motor se paneelbord, of die harde geluid van die rookverklikker wat waarsku teen moontlike gevaar. Die lig of geluid self is nie sleg nie, want dit red eintlik lewens.



Ons is te dikwels daarop ingestel dat ons ons negatiewe gevoelens — die waarskuwingstelsel — as die probleem moet beskou. Dit verhoed dat ons dieper as die gevoelens kyk en die ware probleem aanpak waarteen ons eintlik gewaarsku word.



Negatiewe gevoelens waarsku ons teen 'n probleem. Hulle is nie noodwendig sonde of negatief nie. Om die waarheid te sê, alhoewel hierdie gevoelens ongemaklik is, is dit positief en bruikbare werktuie en geskenke van God. Gryp jou ongemaklike gevoelens aan en wees daarvoor dankbaar.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free From Depression

Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hi...

More

Baie dankie aan OneHope (http://onehope.net/) en Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Netwerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sadag.org/  of as jy of 'n geliefde stry teen 'n verslawing of sielkundige kwessie — of net opsoek is na antwoorde — skakel asseblief die 24/7 Hulplyn 0800 456 789 van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG).

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid