Leesplan inligting

Vertrou God Te Midde Van SwaarkryVoorbeeld

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAG 1 VAN 29

Welkom

Welkom by ons studie van Klaagliedere - Vertrou God te Midde van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is?

Het jou swaarkry jou al laat twyfel of God jou pyn raaksien, of nog erger, enigsins omgee?

Swaarkry is ‘n onwelkome gas wat ons lewens onverwags binnedring en verwoesting saai in ons verhoudings, gesondheid en finansies. Ons weet nooit wanneer dit sal weggaan nie; dit laat ons God se goedheid in twyfel trek en bevraagteken of Hy betroubaar is of nie.

Swaarkry is daarop gemik om ons onder te kry. Maar dit hoef nie so te wees nie.

In hierdie vier weke lange studie, gaan jy leer dat dit in orde is om soos Dawid, Jeremia en Paulus, te midde van jou swaarkry na God uit te roep. Al drie mans het baie swaargekry in hulle lewens en te midde van hulle smart dapper na God uitgeroep en die leed wat hulle ervaar het, uitgespreek.

Deur hierdie studie gaan jy leer hoe om te weeklaag—dit beteken om jou verdriet, hartseer en pyn na God toe te bring. Jy gaan leer dat dit gesond en goed is om te midde van jou pyn eerlik na God uit te roep. Jy gaan ook leer hoe om God weer te vertrou en te jubel, selfs op jou moeilikste dae.

Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

Wat is S.O.A.P.?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans", gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Die "SOAP"-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "S.O.A.P." en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "S.O.A.P."?

S – Die S staan virScripture– jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

O – Die O staan virObservation– wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A – Die A staan virApplication– Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P – Die P staan virPrayer. Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy gedurende hierdie tyd iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely as Hy vir jou sonde in jou lewe gewys het.

Inleiding:

Maak nie saak waarheen ons draai nie, lyding blyk oral om ons te wees. As ons saans die TV aanskakel, sien ons dit op die nuus. Elke dag hoor ons van meer sterftes, meer bakleiery en meer onenigheid – ongeag die land, stad of mense. As ons aanlyn gaan, sien ons lyding in die foto's, video's en getuienisse wat gedeel word. Wanneer ons mekaar in die oë kyk, kan ons die letsels daarvan sien.

Vir baie van ons voel die wêreld buite beheer en lyk dit of dinge by die dag vererger. Die lyding wat ons aanskou en ervaar, kan oorweldigend wees. Dit lyk asof een hartverskeurende gebeurtenis lei tot 'n ander, en baie mense het begin wonder waar God te midde van al die hartseer is. Met al die pyn, al die boosheid, al die lyding wat mense ervaar, sien God dit raak of, nog erger, gee Hy selfs om?

Ons het almal al storms deurstaan. Met 'n wêreldwye pandemie, natuurrampe, verandering in werk, verhuising, gebroke verhoudings, sterftes en gesondheidskomplikasies, is ons almal goed bekend met hartseer en pyn. Sommige dae voel dit meer as wat ons kan hanteer. Lyding het my geleer om op nuwe maniere tot die Here te roep. Die gebeure wat plaasvind, nie net in my persoonlike lewe nie, maar wêreldwyd, het by my 'n begeerte geskep om meer oor weeklaag te leer.

Deur my lyding het ek talle kere na die boek Psalms geblaai, terwyl ek die hartseer wat ek in my hart gevoel het, in woorde probeer omskryf het. Baie keer wanneer ek Dawid se klaagpsalms gelees het, het ek my kop instemmend geknik. Nooit tevore kon ek die hartseer van Klaagliedere en Jeremia se gebrokenheid verstaan ​​soos nou nie.

Lyding se doel is ons ondergang, maar dit hoef nie so te wees nie.

Dis my gebed dat jy, terwyl jy met hierdie studie besig is, sal leer dat dit goed is vir jou om tot die Here te roep in smart, hartseer, onreg en pyn. Dawid, Jeremia en Paulus het vir ons die belangrikheid van treur te midde van ons lyding goed gedemonstreer. Soos elkeen van hulle, bid ek dat jy sal leer om God op 'n dieper vlak te vertrou en op die ou einde, leer om te vreugde te vind, selfs in jou hartseer.

Jy is nie alleen in jou pyn, hartseer en lyding nie. Jesus het daardie pad al voorheen gestap en Hy sal dit weer saam met jou stap, elke tree van die pad. Wat die Satan beplan om as ons ondergang te gebruik, sal God gebruik om ons geloof te versterk. Roep dus tot die Here in jou lyding; jy hoef nie langer die trane terug te hou nie. Jesus verstaan ​​en Hy treur saam met jou. Ek bid dat jy deur hierdie studie ook sal leer om God te vertrou te midde van jou lyding en gereeld die dissipline van weeklaag sal beoefen.

Ek bid dat jy sal leer om God op 'n dieper vlak te vertrou en op die ou einde, leer om te vreugde te vind, selfs in jou hartseer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie allee...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid