Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 8 VAN 8




Identifisering van Groot Leiers

Jy kan die lot van ‘n span — hetsy ‘n gesin, werkgroep, besigheid, kerk, gemeenskap of selfs ‘n volk — meet aan sy leierskap. Ongelukkig staar ons vandag 'n krisis van leierskap in die gesig. Mense weet nie meer wie om te volg nie, want hierdie krisis het 'n magdom swak rolmodelle en mentors en 'n totale gebrek aan groot leiers opgelewer.


God se koninkryks-program is egter ontwerp om die stelsel van geestelike wysheid, bekend as dissipelskap, oor te dra om toekomstige leiers voort te bring. Een van die primêre rolle van koninkryk-mans is om ander op die regte pad te lei. Die kwessie ter sprake is nooit of 'n man 'n leier is of nie. As ‘n koninkryk-man is jy van nature ‘n leier van jou skepping en roeping. Die vraag is of jy ‘n groot leier of ‘n swak een gaan wees.


Standvastigheid, vriendelikheid, liefde, geloof, selfbeheersing, waardigheid, leergierigheid, gasvryheid en ‘n liefde vir die Woord van God, is van die eienskappe wat kan bydra om van ‘n man ‘n groot leier te maak. Dit is hierdie selfde eienskappe wat mans kan gebruik om toekomstige leiers te identifiseer en ook om hulle te help om hierdie eienskappe op ‘n hoër vlak te ontwikkel.


Een van die grootste foute wat ons maak in die proses om toekomstige leiers te kweek, is om die aanname te maak dat goeie leierskap teoreties aangeleer kan word eerder as deur praktiese opvoeding. Die opheffing van 'n nuwe geslag leiers moet nooit op 'n bo-na-onder-manier gedoen word nie. Dit gebeur organies en daadwerklik wanneer mans hul lewens, ervarings en gesprekke deel.


Die ontwikkeling van leiers wat kragtig oor Bybelse waarhede kan praat en die storms van die samelewing kan hanteer, vereis leiding, oefening, leer, luister, ensovoorts. Net soos enige huwelik afhanklik is van twee mense om dit suksesvol te maak, vereis die identifisering en opheffing van 'n koninkryks-leier dat daar ook twee partye — ‘n mentor en ‘n toekomstige leier — die moeite doen om te leer, te groei, te luister, te onderrig, te onderskei, te oefen, te modelleer en nog meer.


’n Groot leier weet hoe om ‘n ander groot leier raak te sien en hom dan binne die perke van sy eie leiding, te mentor. 'n Goeie voorbeeld van hierdie beginsel is die strukture van die Springbokke se afrigtingspan. Die hoofafrigter het ‘n span onder hom wat help met die verskillende fasette van die afrigting van die span as ‘n geheel. Jy kan ‘n goeie afrigter ken aan sy afrigtingspan. In die geesteswêreld het koninkryk-mans dieselfde kapasiteit om ander te beïnvloed en mans op te hef wat ‘n verskil in die samelewing vir Jesus sal maak.


Kom ons wees duidelik hieroor. Jy is nie hier vir jouself nie. Jy is hier vir ander. Jy is deur God aanmekaar geweef en geskep as ‘n manier om sy koninkryks-agenda hier op aarde te bevorder. Die duiwel het ‘n goeie werk daarvan gemaak om mans se fokus te hou op die lewensareas wat nie tot generasiewisseling van koninkryks-waardes lei nie. Dit het egter tyd geword dat ons as mans ‘n standpunt moet inneem en teen die vyand se planne opstaan (sien 2 Korintiërs 10:3-5).


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid