Leesplan inligting

Lei en VolgVoorbeeld

Lead And Follow

DAG 1 VAN 8

Ek sal dink voor ek volg.


Mense stel voorbeelde met die woorde wat hulle spreek en dinge wat hulle doen. Jy het 'n keuse om te maak: watter voorbeelde sal jy volg?


Koning Rehabeam moes daardie keuse maak. Die ouer, wyser leiers het 'n goeie voorbeeld vir koning Rehabeam gestel deur hom goeie raad te gee. Die jonger leiers het 'n slegte voorbeeld vir koning Rehabeam gestel deur hom slegte raad te gee.


Koning Rehabeam het gekies om die slegte raad te volg, dus het hy die meeste van sy koninkryk verloor.


Jy hoef nie soos koning Rehabeam te eindig nie. Voordat jy kies om iemand se voorbeeld te volg, stop. Dink aan die voorbeeld wat hulle stel. Behaag dit God? As jy nie seker is nie, bid en vra vir God se hulp. God sal jou help om te weet watter voorbeelde om te volg, en watter om te ignoreer.


Gesels daaroor: Het jy die verkeerde dinge wat jou vriende gesê of gedoen het, nageboots? Praat oor wat gebeur het. Wat kan jou in die toekoms help om 'n beter keuse te maak?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lead And Follow

Is jy 'n leier of 'n volgeling? God het jou gemaak om 'n bietjie van albei te wees. Hy sal jou help om te weet wie om te volg, en hoe om 'n leier te wees! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid