Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Binne die HuwelikVoorbeeld

Living Changed: In Marriage

DAG 3 VAN 5

Genesing


Wanneer julle trou en saam intrek, bring julle albei baie dinge saam. Jou kunswerk, sy gunstelingstoel, jou koffiebekerversameling, sy speletjiekonsole en 'n bakkievrag bokse vol van jou besittings. Alhoewel julle dalk stry oor wat om te hou en wat om weg te gooi, is dit eintlik julle onsigbare bagasie wat die skadelikste vir julle huwelik is.


Of jy dit erken of nie, jy het waarskynlik jul huwelik begin met wonde van vorige verhoudinge wat nie genees het nie. Miskien het 'n ou kêrel of vorige man nie genoeg aandag aan jou gegee nie en jou oorbodig laat voel. Miskien het 'n ouer of broer of suster jou gedurig afgetakel sodat jy nou bang is om jou mening te lug. Wat ook al jou wonde mag wees, dit is belangrik om hulle te identifiseer sodat die gevolge daarvan nie talm en spanning in jou huwelik veroorsaak nie.


Dink na wat woede of hartseer in jou veroorsaak. Soms kan die kleinste dingetjie ons laat ontplof. Dit is gewoonlik 'n aanduiding van 'n wond wat nie genees het nie.


Sodra jy die woorde of optrede herken wat jou ontstel, kan jy dit ondersoek. Vra God om jou te help om die oorsaak van jou reaksie te identifiseer en laat Hom toe om vir jou vertroosting en genesing te bring. Jy sal dalk 'n berader wil besoek vir bykomende hulp om jou wonde te identifiseer en jou verlede te hanteer. Om hulp te vra is nie 'n teken van swakheid nie, maar van nederigheid en wysheid.


Terwyl jy die pyn uit jou verlede hanteer, besef jy dalk dat jy vergifnis terughou van iemand wat jou seergemaak het. Jy mag dalk nie dink die persoon verdien om vergewe te word nie, maar ek moedig jou aan om in elk geval die pad van vergifnis te kies. Ons volg 'n vergewensgesinde God wat deur Christus vir ons 'n skoon bladsy gegee het wat ons nie verdien nie. As volgelinge van Christus word ons geroep om soos Hy te wees en te vergewe, selfs wanneer vergifnis onverdiend is. Maak die keuse om die woede en die pyn te laat vaar. Kies om God te vertrou met die uitkoms, want Hy is regverdig. God wil hê jy moet vergewe, want meer as enigiets wil Hy hê jy moet vry wees van die onvergewensgesindheid wat bitterheid in jou hart veroorsaak.


Onderwyl jy deur vergifnis werk, vra God om die negatiewe gedagtes en pyn met sy waarheid te vervang. Hy alleen kan die stukkende dele van jou hart herstel en skoonheid weer uit as skep. Vra God om jou hart teenoor ander te versag en jou te help om jouself te sien soos Hy jou sien. Wanneer jy God toelaat om jou wonde te genees en jou heel te maak, is jy minder geneig om uit vrees, aanstoot of twyfel op jou man te reageer.


Om jou wonde te genees sal jou huwelik gesond maak. Dit is egter nie net die pyn uit jou verlede wat jy moet hanteer nie. Jy moet ook kies om die alledaagse oortredings te vergewe soos die skottelgoed wat in die wasbak ophoop en die sokkies wat langs die bed, nie in die wasgoedmandjie beland het nie. Jy moet die onverskillige opmerkings en die vergete herdenkings vergewe. Vergifnis is iets wat gedurig moet plaasvind.


Jou man is nie perfek nie en hy sal nooit wees nie. Net soos jy, het hy genade nodig. Hy is ook nie al die mans wat jou al ooit seergemaak het nie. Moenie tot gevolgtrekkings kom en die ergste van hom verwag nie. In plaas daarvan, voer 'n gesprek en bespreek dinge openlik. Waar moontlik, wees gou om die geringe oortredings te vergewe en in vrede met mekaar te leef.


Gedurende jou genesing, kan jy in die versoeking kom om dit wat tot seerkry aanleiding gee en wat jy in jou man sien, uit te wys. Alhoewel dit dalk goed bedoel is, moet jy jou bes doen om jou tong in toom te hou. Laat jou reis tot genesing self 'n getuienis wees. God sal jou man se hart roer op sy perfekte tydsberekening, en die verandering wat hy in jou sien sal werklik die beste vorm van bemoediging wees.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: In Marriage

Daar is nie iets soos die perfekte huwelik nie, want die huwelik is die samevoeging van twee onvolmaakte mense. Met God se hulp kan jy egter 'n wonderlike huwelik hê – nie deur Hom te vra om jou huweliksmaat te verander ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid