Leesplan inligting

Die Here Is My HerderVoorbeeld

Die Here Is My Herder

DAG 1 VAN 7

Die God van naby


In teenstelling met Psalm 22 wat begin met Dawid wat God as Elohim, die hoog verhewe, onbereikbare God aanroep, teken hy in Psalm 23 die prentjie van ’n sorgsame, altyd teenwoordige Herder wat in voeling met sy skape is.


Psalm 23 is een van die mees aangehaalde Skrifgedeeltes in die Bybel. Beangste kinders, jongmense, siekes, verdwaasdes en sterwendes prewel hierdie woorde in die aangesig van hul grootste nood of donkerste oomblikke. Predikante en pastore lees dit vir hul verdwaasde kuddetjies in onseker tye.


Skape leer om stemme te onderskei — en volg hul herder wanneer hulle sy bekende stem hoor. In sy teenwoordigheid kom hulle tot rus — en hulle volg Hom. Net so wil die Herder van Psalm 23 óns lei en beskut — mits ons leer om sy stem te herken en te gehoorsaam.


’n Kollega vertel dat sy in ’n swaarkrytyd in haar lewe nét Psalm 23 gelees het. Sy sê dit het elke keer soos ʼn groot koeltesambreel bo haar oopgevou terwyl sy dit lees. In haar angs en nood het hierdie psalm haar bang hart tot rus gebring. “Dis al wat ek nodig gehad het. Dit het my staande laat bly. Dit het my gevoed, geborge laat voel en laat besef God gee om vir my.”


In Psalm 23 het sy al die fasette van ’n lewe in die koel skadu van God se sambreel ervaar: die oorgawe aan God se volkome sorg, sy voorsiening, beskerming, leiding en seën met die hoogtepunt die feesmaal aan sy tafel.


Here, U is my Herder. U is Jahwe. Ek gee myself oor aan u volkome sorg, voorsiening en beskerming. Nou en vir altyd. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Here Is My Herder

Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat ni...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid