Leesplan inligting

Lewe Veranderd: In die Nuwe JaarVoorbeeld

Living Changed: In the New Year

DAG 1 VAN 4

Begin die Nuwejaar met Danksegging



Hoe gaan jy die nuwe jaar begin? As verlede jaar vir jou besonder moeilik of teleurstellend was, mag jy dalk voel om daarvan te probeer vergeet en nie weer daaraan te dink nie. Voordat jy egter die jaar finaal afsluit, neem ‘n oomblik om eers na te dink en dankbaar te wees vir die jaar wat verby is.



Psalm 100 moedig ons aan: “Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange” – nie noodwendig omdat dit goed gaan met ons en ons omstandighede nie, maar omdat Hy goed is. Daar is geen beter manier om die nuwe jaar te begin as om God te dank vir wie Hy is en vir alles wat Hy vir ons gedoen het nie.



Dank God vir jou huis, jou motor, of jou werk. Sê vir Hom dat jy dankbaar is dat jy mag lewe, vir jou goeie gesondheid, of vir die familie wat op jou senuwees werk. Sê vir Hom dankie dat Hy vir jou leiding en aanmoediging deur sy Woord gee. En dank Hom dat Hy sy Seun Jesus gestuur het om 'n dood te sterf wat Hy nie verdien het nie en wat sodoende aan jou die ewige lewe gee wat jy nooit kan verdien nie. 



Wanneer ons God dank, erken ons sy krag, sy teenwoordigheid en sy voorsiening in ons lewens. Dit verander die manier waarop ons na Hom kyk en dit verander ook die manier waarop ons na ons omstandighede kyk. Wanneer jy God dank en prys, selfs wanneer dinge moeilik gaan, is dit onmoontlik om aan negatiwiteit en selfbejammering oor te gee. Deur God te dank, dwing ons onsself om ons innerlike pyn opsy te skuif en na Hom op te kyk. Wanneer ons ons oë op Hom gefokus hou, sien ons slegs sy grootheid en mag raak en dit herinner ons dat nie enige van ons probleme ooit te groot vir ons magtige God is nie. 



Die manier hoe ons tot God nader verander wanneer ons God eers dank en prys. Om dankie te sê vir wat ons het voordat ons vir iets anders vra, stel ons in staat om ons harte in lyn te bring met God se hart. Dit help ons om nederig te wees en om ons gevoelens van geregtigheid te verwyder. Selfs al kry ons nie waarvoor ons vra nie, word ons steeds aan sy karakter, sy beloftes en sy liefde vir ons herinner. 



Deur 'n gebed met danksegging te begin, is ‘n vorm van oorgawe. Dit is 'n gewillige belydenis dat dit nie oor ons gaan nie, maar dat alles oor Hom gaan. Dit verskuif ons fokus na die hemel en verdiep ons liefde vir ons God.



Gun jouself 'n oomblik om na verlede jaar deur ‘n lens van dankbaarheid te kyk. Noem een ding aan God waarvoor jy vandag dankbaar is, selfs al is dit iets klein. Jy mag dit selfs ‘n gewoonte maak om daagliks of weekliks te doen. Maak ‘n lys en teken dit aan op jou foon, begin 'n dankbaarheidsjoernaal of plaas dit op sosiale media sodat jy God se getrouheid hierdie nuwe jaar al hoe meer kan ervaar.



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: In the New Year

Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid