Leesplan inligting

Sabbat — Leef Volgens God se RitmeVoorbeeld

Sabbath - Living According to God's Rhythm

DAG 6 VAN 8

DIE SABBAT EN VREUGDE               

       

MEDITASIE


"Wat om op Sondae te doen? 50 idees om verveling te beveg!" 



'n Tydskrif probeer jou aandag trek met hierdie opskrif. Die rusdag word volgeprop met prettige ontspanningsaktiwiteite of aksiebelaaide uitstappies. Die hoofdoel is om iets te ervaar wat genot verskaf. Vreugde kan egter nie vasgegryp word nie. Aangename en gelukkige ervarings kan herhaalbaar wees, maar sodra dit verby is, sal die gepaardgaande emosies ook verdwyn. Wat oorbly is die verlange na nog van daardie heerlike ervarings. Ons wêreld roep uit na geluk wat in ervarings gevind word. Tog, hoe kan hierdie begeerte na vreugde en geluk vervul word en nie net 'n gejaag na wind bly nie? Wat gebeur as die wolk van pyn en hartseer daardie wonderlike ervarings verduister? Die antwoorde op hierdie vrae is terselfdertyd eenvoudig en uitdagend. 


 

As vreugde net verbind was aan pragtige en gelukkige Godgegewe ervarings, sou dit ware vreugde wees? Die vreugde wat God aan ons deur die sabbat gee, is baie dieper en kan nooit weggeneem word nie. Hy gee ons ruimte en tyd vir gemeenskap met Hom. Wanneer ons naby God is, word ware vreugde tasbaar; hierdie soort vreugde oortref enige denkbare begeerte na ander vreugde. Al huil ons siele, kan ons in die teenwoordigheid van God vervul word met diepgaande vreugde. Hierdie besondere vreugde rus ons toe met 'n nuwe perspektief en ondersteun ons in tye van teëspoed. Dit vloei direk uit God se hart na ons harte en is 'n uitdrukking van sy liefde vir ons. 



As God Homself op die sewende dag oor sy skepping verbly het, hoeveel te meer het ons rede om bly te wees as ons in 'n vennootskap met Hom in sy koninkryk gaan? Wanneer ons besef dat ons lewens in die hande van 'n absoluut oppermatige God is, en dat alles wat ons het en nodig het in Hom gevind word, dan kan ons harte net bly wees. Dit is wat ware sabbat beteken. 



As gevolg van die vreugde wat Hy ons gee en ons in Hom het, kan ons God se gawes nog meer intens geniet; gawes soos om te kan stap en God se skepping te bewonder, om 'n laat ontbyt saam met vriende te geniet, of om saam met die hele gesin fees te vier. Sondag hoef nie 'n dag van selfonthouding te wees nie. Ons mag dit geniet as 'n dag van samesyn en feesviering. 



VRAE VIR OORDENKING 



  • Hoe gee ek op Sondae aan my vreugde in God uitdrukking?    
  •    
  • Die Bybel sê: "Want die blydskap van die Here is julle sterkte" (Nehemia 8:10). Word my krag en sterkte gedefinieer deur die blydskap van die Here of deur my omstandighede?   
  •   
  • Kan ek God se gawes geniet sonder om altyd meer te wil hê?


GEBEDSONDERWERPE  



  • Ons bid dat God ons opnuut sal wys hoe om die sabbat saam met Hom te geniet.  

  • Ons bid vir hemelse vreugde wat ons lewens herstel ongeag ons omstandighede.  

  • Ons bid dat die sabbat gekenmerk word deur die Heilige Gees wat vreugde in ons wek.   

  • Ons bid dat ons kerke met die krag van oorvloedige vreugde sal feesvier.    
  •      
  • Ons bely al daardie tye toe ons op God se gawes gefokus het en God, die Gewer, uit die oog verloor het.


VOORGESTELDE GEBED 


Here, ons dank U want u teenwoordigheid is al wat ons nodig het. In U vind ons oorvloedige vreugde. Ons lig ons blik op na U en loof U, want U is ons God en Koning. Dankie dat U vir ons gewys het hoe ons U op die sabbat kan eer en vier. Dankie dat U ons lewens in u hande hou en die bron van ons geluk is. Amen.







Deborah Zimmermann, Direkteur van 24-7 Prayer CH, Switserland.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sabbath - Living According to God's Rhythm

Die Evangeliese Alliansie Week van Gebed (WVG) is 'n wêreldwye inisiatief, hoewel meestal regoor Europa onderhou, met materiaal verskaf deur die Europese Evangeliese Alliansie. WVG 2022 vind plaas onder die tema "Sabbat"...

More

Ons wil graag die Europese Evangeliese Alliansie bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.europeanea.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid