Leesplan inligting

Alles Wat Ek Nodig HetVoorbeeld

Alles Wat Ek Nodig Het

DAG 3 VAN 14

God is by jou


Is jy gereed vir die nuwe dag? Wat ’n wonderlike seën en groot verantwoordelikheid om te dink dat Jesus Christus vandag saam met jou gaan stap. Hy gaan by jou wees, waar jy ook al gaan en wat jy ook al doen.


John G. Lake was ’n Amerikaanse evangelis wat in die vroeë 1900’s Suid-Afrika toe gekom het. Hy is ook ’n medestigter van die Apostoliese Geloof Sending. Hy het gesê wanneer jy in die oggend aantrek en in die spieël kyk, moet jy vir jou weerkaatsing sê: “God is saam met daardie man of vrou waar hulle vandag ook al gaan.” Dan moet jy uitgaan en die wêreld aandurf.


As Christus in jou is, hoef jy nooit eensaam, bang of verward te wees nie. Praat net met Hom, Hy sal vir jou wys waarheen om te gaan en saam met jou gaan. Omdat Christus altyd by jou is, moet jy wegbly van verkeerde verhoudings, nie na bedenklike plekke toe gaan nie, let op wat jy sê en nie flieks of video’s kyk wat God nie eer nie.


Wanneer God saam met jou stap, gee Hy vir jou vrede, vreugde en liefde. Hy gee vir jou die vertroue en vermoë om wat ook al oor jou pad kom te hanteer. Hy gee vir jou ’n doel in die lewe.


Onthou vandag, wanneer jy die wêreld aandurf, dat Jesus Christus by jou is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid