Leesplan inligting

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir StiltetydVoorbeeld

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

DAG 1 VAN 5

Wees stil: Waar is jou Tuin?



In vandag se Skrifgedeelte het ons gelees oor God se oorspronklike bedoeling met die skepping: 'n skepping waar Hy op 'n gereelde basis met Adam en Eva ontmoet het, met hulle in die tuin gewandel het en met hulle gepraat het.



Daar is 'n wonderlike gedeelte in Psalms 46:11 wat sê: "Bedaar en erken dat Ek God is ..."



Dit 'n uitnodiging om stil te raak en kennis te neem van God wat deur die eeue heen weerklink het.



My gewone roetine in die oggende is: ek staan op, kry 'n koppie koffie, my Bybel, joernaal en boeke en gaan sit in dieselfde stoel in my leefvertrek. Ek maak myself gemaklik en neem die tyd om myself in 'n plek te kry wat bevorderlik is vir 'n ontmoeting met God.



Ek glo ten volle dat gebed — 'n toewyding aan verhouding, ontmoeting en gesprek met God — die kern is van alles wat ons doen. Rigtinglose lewens word betekenis gegee in 'n verhouding met God. Hierdie verhouding groei in gemeenskap en dissipelskap maar ook deur die vestiging en ontwikkeling van ons persoonlike toewyding aan God.



Net soos Adam en Eva elke dag in God se teenwoordigheid was, kan ons ook in ons verhouding met Hom groei deur ons in ons daaglikse stiltetyd te volhard: om spesifiek op God te fokus deur gebed, deur die Bybel te lees en deur oordenking. Stiltetyd is nie net 'n gesprek met God nie maar ook om God te vra om met ons te praat.



Stiltetyd gaan oor 'n ontmoeting met God. Hierdie woord ontmoeting beteken om te "ontmoet met".



Doelbewustheid is die sleutel. Die Bybel begin met 'n gereelde doelbewuste ontmoeting op 'n spesifieke plek op 'n spesifieke tyd.



Soos ons vandag gelees het, het die mens se oorspronklike plek vir 'n ontmoeting met God in 'n tuin begin.



God het daagliks met Adam en Eva, vir sy plesier, in die tuin gewandel! Dit was die oorspronklike bedoeling met die skepping.



Sien dit in jou verbeelding: hulle stop, wag, luister, raak stil en maak gereed om God te ontmoet. Dit is hoe oorspronklike stiltetyd gelyk het.



Ons moet doelbewus in ons lewens ruimte maak vir gereelde ontmoetings, die ruimte om te wandel, te praat met en luister na God.



Waar is jou tuin?



Die Hebreeuse woord vir tuin is "gannah", wat letterlik beteken "n bedekte of versteekte plek". Ons het almal 'n versteekte plek nodig om met God te ontmoet.



Die lewe se seisoene verander. Daar sal tye wees wat makliker is as ander. Jy kan dalk tyd hê om 'n uur af te staan of dalk het jy 'n volgepakte skedule en het jy net 'n paar minute. God verstaan dit maar Hy verlang ook na jou.



Waar is jou plek van stilte en ontmoeting?



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al m...

More

Ons wil graag 24-7 Prayer bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.amazon.com/Be-Still-Simple-Guide-Quiet/dp/0281086338/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=be+still+brian&qid=1633102665&sr=8-1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid