Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Ma tot MaVoorbeeld

Living Changed: Mom to Mom

DAG 1 VAN 7

Uitgekies


Het jy al ooit so lank en so ernstig vir iets gebid dat jy nie seker was of dit ooit sou gebeur nie? En toe dit gebeur, het jy onmiddellik gevoel asof jy nie daarvoor bekwaam is nie en dit gaan verbrou? Welkom by moederskap! Of miskien net die lewe. 



Ek het altyd daaroor gedroom om 'n ma te word. Dit is iets waarvoor ek al op 'n baie jong ouderdom begin bid het. Voordat dit egter ooit plaasgevind het, was daar eers jare se gebed, onverwagte hindernisse, onvrugbaarheid en selfs 'n miskraam. 



Meer kere as wat ek graag wil erken, het ek deur daardie moeilike jare onwaardig, onbekwaam en alleen gevoel. Ek het gevoel asof ek nie goed genoeg is nie en dat God ook geweet het dat dit 'n fout sou wees om vir my kinders te gee. Ek het soos 'n mislukking gevoel. Daar was een ding wat net ek vir my en my man kon doen, en dit het eenvoudig nie vir ons gebeur nie. 



Daar is soveel kere op die reis na of deur moederskap wat ons alleen, misverstaan of verlate kan voel. Maar die waarheid is, God was al vantevore in hierdie oomblik en Hy weet hoe om ons daardeur te lei. Ons moet net op Hom staat maak vir krag en bemoediging en na sy leiding luister. 



Elke keer wat die onsekerheid en selftwyfel my bekruip, keer ek terug na God se waarheid en herinner myself dat Hy nie foute maak nie. Ek is uitgekies. Hy het my uitgekies vir hierdie reis van moederskap, om die ma vir my babas te wees; en om vrug te dra wat gaan oorleef. 



Dit maak nie saak hoe jy 'n ma geword het nie — deur geboorte, aanneming, of met deur met hulle pa te trou — God het jou uitgekies. Jy gaan dit nie altyd regkry nie, maar volmaaktheid is nie die doelwit nie. Daar is net een volmaakte ouer, ons hemelse Vader. Hy het belowe om elke tree by jou te bly en jou te help. Kom nader en luister na sy stem, vertrou dat Hy jou sal lei en hou aan vorentoe beweeg, want jy is hiervoor geskep. 






Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Mom to Mom

Om 'n ma te wees is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewinge, vernederende oomblikke, en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid