Leesplan inligting

Geen Aanstoot Voorbeeld

No Offense

DAG 1 VAN 7

'n Verontwaardigde Ekonomie 



'n Vinnige kyk na sosiale media is genoeg om verontwaardig te wees of aanstoot te neem. Ons sien dit regdeur ons webtoevoere — vriende wat baklei op Facebook, omstrede nuus hooftrekke en gesinne wat nie met mekaar praat nie oor iets wat iemand geplaas het.



Die waarheid is, verontwaardiging verkoop. Polariserende hoofopskrifte kry meer klikke, en dus hou die nuusmedia aan om daaroor te skryf. Die "kanselleer kultuur" kry mense aan die praat, en dit befonds advertensie inkomste. 



Wat is dit dus omtrent verontwaardiging wat ons betrokke hou? 



Ons mag dit dalk nie erken nie maar baie van ons hou daarvan om kwaad te wees. Ons mag nie die naby konflik geniet nie, maar ons hou daarvan om dikwels 'n standpunt in te neem of om 'n kant te kies. 



As Christene kan ons soms ons verontwaardiging etiketteer as "regverdig," wanneer ons dink dit is vir 'n goeie saak, om dit meer verskoonbaar te maak. Terwyl regverdige verontwaardiging wel 'n Bybelse konsep is, is dit die moeite werd om onsself te vra — Is my woede regtig geregverdig of is dit net 'n verskoning vir my om te bewys dat ek reg is? 



Kyk na wat Jakobus 1:19-20 sê: 



" … elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie." 


Party woede is goed. Wanneer iets God se kinders seermaak, moet ons absoluut kwaad word. Daardie woede moet lei tot handelinge van liefde en deernis — nie trots en verdeeldheid nie.



 Uiteindelik, laat goddelike woede ons besiel om iets te doen om te help. Menslike woede besiel ons om iets te doen wat seermaak. 



Laat ons vir 'n oomblik aan ons verontwaardiging dink. Is dit moontlik dat ons woede dikwels aangevuur word deur trots? 



Hier is die ding oor woede: Dit oortuig ons dikwels dat ons reg is. Indien ons reg is, beteken dit dat hulle verkeerd is. Indien hulle verkeerd is, dan wen ons. Daardie gevoel van oorwinning — om aan die regte kant te wees of om onsself te prys vir ons goeie gedrag — blaas ons trots aan.



Soos wat Prediker ons menigmaal vertel, trots kom altyd voor vernietiging. 



Hoe reageer ons teenoor 'n verontwaardigde ekonomie? Hoe lewe ons, as mense wat nie aanstoot neem nie, in 'n kultuur waar daar op oortredings en profyt floreer word? 



Jakobus gee ons nog meer goeie advies:  



"Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want die woord kan julle red" Jakobus 1:21.


Om die Woord met nederigheid te aanvaar en daarvolgens te lewe gee ons vrede en die krag om anders te wees as die wêreld. Dit is nie net om die Skrif te ken nie — dit is om te doen wat dit sê. 



Oor die volgende paar dae gaan ons verken hoekom ons kwaad word, wat ons kan doen met ons woede en hoe ons mense kan word wat nie aanstoot neem nie. Bring vandag tyd deur oor die vrae te dink:    




  • Is my woede meestal aangevuur deur geregtigheid of my begeerte om reg te wees?    

  • Help my woede ander of maak dit ander seer?    

  • Hoe gereeld is trots die bron van my woede? 


Bid: Vader, dankie dat daar deur Christus geen veroordeling is nie. Help my om u genade en barmhartigheid ten volle te ontvang sodat ek dit aan ander kan oordra. Openbaar enige gebied in my lewe waar ek onregverdige woede koester en help my om dit voor u voete neer te lê. Reinig my van enige iets wat nie behaaglik is vir U nie en help my om u Woord nederig te aanvaar en daarvolgens te lewe. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

No Offense

Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel s...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid