Leesplan inligting

Gee Gebede KragVoorbeeld

Gee Gebede Krag

DAG 1 VAN 4

Die krag van gebed


Ek is nou nie ‘n genie nie, maar af en toe tref die waarheid my tussen die oë. Ek het 'n rukkie gelede 'n boek geskryf met die titel "Unlocking the Power of Prayer”. Terwyl ek besig was met my navorsing, het ek begin kyk na die hele onderwerp van gebed in die Bybel. Wat sê God se Woord oor gebed?


Ek het gekyk na die eerste voorbeeld van gebed in Genesis 20, die tweede in Genesis 24, die derde in Genesis 25. En weet jy wat het ek elke keer uitgevind?


Die gebede van gewone, normale, alledaagse mense soos ek en jy, is kragtig verhoor! En hoe meer ek gelees het, hoe meer het ek presies dieselfde gevind. Trouens, die patroon was so voor die hand liggend, so opvallend, dat ek tot hierdie gevolgtrekking gekom het:


Vir God is gebede wat kragtige resultate lewer, normaal. 


Dit het my laat wonder waarom so baie van ons 'n patetiese, bedeesde, ekskuus-tog-dat-ek-lewe houding teenoor gebed het? Waarom?


Nou-ja, soms is dit omdat ons iets verkeerd gedoen het. Ons het gesondig en daarom voel ons asof ons nie die vrymoedigheid het om God se hulp te vra nie. Ja, ek was ook al daaraan skuldig. Maar kyk hierna:


Daarna het die Here 'n pes van die oggend af tot die aand onder Israel ingestuur. Van die noorde tot die suide het daar sewentig duisend gesterf. (2 Samuel 24:15).


Hierdie straf was die gevolg van koning Dawid wat teen God gesondig het deur sy volk te laat tel, eerder as om op God te vertrou. Die storie is ‘n bietjie meer gekompliseerd, maar die volkstelling was 'n daad van trots. 


Maar wat het gebeur toe Dawid se gewete hom aangekla het? Hy het, te midde van hierdie verskriklike groot lyding as straf vir Israel se gedrag en vir sy eie sonde, tot God gebid om hulp.


Hierna het die Here weer die gebede vir die land verhoor, en die plaag is uit Israel weggeneem. (2 Samuel 24: 25b).


Ja, die HERE het Dawid se gebed vir die land verhoor. Hy het die siekte in Israel beëindig.


Laat ek dit weer sê: Gebed wat kragtige resultate lewer, is normaal in God se oë. Dit is eintlik die enigste soort gebed waarvan die Bybel praat.


Volgende keer ondersoek ons hoe jy hierdie krag in jou eie lewe kan ervaar.




Vraag 1


Lees 'n paar van die vroeë voorbeelde van gebede in Genesis 20, 24 en 25. Wat val jou in hierdie gedeeltes op?


Vraag 2


Hoe sal jy, op ‘n skaal van 1 tot 10, die kwaliteit van jou gebedslewe beoordeel? Hoe inspireer 2 Samuel 24: 15–25 jou oor die wyse waarop God jou wil help?


Vraag 3


Vind jy dat jy oor die algemeen meer bid met die hoop dat God iets wonderliks gaan doen, of met die vertroue dat Hy jou verwagtinge ver gaan oortref?


Vraag 4


Voel jy geblokkeer in jou gebedslewe? Voel jy skuldig oor dinge wat jy verkeerd gedoen het, of dinge wat jy nagelaat het? Bid vandag en bely hierdie dinge teenoor God.




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gee Gebede Krag

Vir God is gebede wat kragtige resultate lewer normaal. Waarom het so baie van ons 'n ekskuus-tog-dat-ek-lewe houding teenoor gebed? En hoe kan ons vrykom om 'n vol, dinamiese en florerende gebedslewe te geniet en om God...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid