Leesplan inligting

Oorkom Angs: Jou Bybelse Gids Tot Bevryding Van Angs En Bekommernis Voorbeeld

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

DAG 1 VAN 7

Vryheid Is Moontlik


Ek was nog altyd 'n kwelgees. Om eerlik te wees, ek kan nie 'n tyd onthou wat ek nie met angs gesukkel het nie. As kind was ek bekommerd of my pa na werk veilig by die huis sou kom. Ek was bekommerd oor goeie punte op skool. Ek was selfs bekommerd dat my ouers rokers sou word, hoewel nie een van hulle gerook of alkohol gebruik het nie. Ek was altyd bekommerd, my ma het eenkeer gesê: "Maureen, hou op om bekommerd te wees of jy gaan jouself 'n maagseer gee." Dit het my laat bekommer oor wat 'n maagseer is!


Ons rede tot angs kan nie aan 'n enkele gebeurtenis gekoppel word nie. Dit is nie altyd die gevolg van 'n traumatiese gebeurtenis, verwerping of verwaarlosing nie. Ek het nie in 'n perfekte gesin grootgeword nie, maar my huis was 'n gesonde en gelukkige een. En tog was ek bekommerd.


Eers nadat ek die Woord van God vir 'n lang tyd bestudeer het, het ek besef dat angs, bekommernis en obsessiewe gedrag my nie hoef te beheer nie. Ek kan eerlik vir jou sê dat ek bevryding het van die vestings wat my voorheen gebind het. Hierdie vryheid is tot my beskikking omdat ek 'n kind van God is — wat beteken dieselfde vryheid is vir jou beskikbaar.


Of jy weet hoekom jy met angs worstel of nie — jy kan verseker weet dat God wil hê jy moet vrede nastreef (1 Pet. 3:11). Hy begeer dat jy leer om jou sorge op Hom te werp (Ps. 46:10). Hy begeer om jou in iets moois te verander (Jes. 61:3). Ek weet dit omdat ek dit eerstehands ervaar het — en as dit nie genoeg is nie, die Woord van God sê so.


As jy nie kan verstaan ​​hoekom jy bekommerd is nie, is dit dalk omdat God deur jou genesing en herstel sy heerlikheid wil vertoon. Ek moedig jou aan om hierdie sewe dae te gebruik om te leer hoe om beheer te laat vaar en God met jou lewe, jou gesin en jou toekoms te vertrou. Laat Hy jou lei om die leuens wat jy glo en jou angstig maak te erken en deur die Woord van God jou uit die vestings te bevry. Mag vandag jou eerste tree wees na 'n nuwe soort lewe — een wat gevul is met vrede.


Gebedsfokus: Staan tyd met God in gebed af en vra Hom om sy heerlikheid deur jou te vertoon terwyl jy leer om angs met sy hulp te oorkom.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

Volgens die Angs en Depressie Vereniging van Amerika is angsversteuring die mees algemene geestesongesteldheid in die Verenigde State. Dit affekteer meer as veertig miljoen volwassenes. Jy is dalk een van die baie indivi...

More

Ons wil graag vir Mo Mydlo en Charisma House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://tinyurl.com/MoMydlo

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid