Leesplan inligting

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om JouVoorbeeld

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

DAG 1 VAN 5





Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Vertrou op Jou Eie Krag



My ouers het 'n uitreik vir mense wat op straat leef in die Tenderloin distrik van San Francisco begin. Dus het ek die grootste deel van my kinderjare deurgebring in 'n afgeleefde openbare park waar ons kerkdienste en Bybelstudies aangebied het, middagetes en klere uitgedeel het, skaak gespeel en na basketbal wedstryde gekyk het. Ek was nege jaar oud toe ek vir die eerste keer 'n moord sien gebeur het. Daar was twee groepe wat mekaar gehaat het, en in mesgevegte mekaar gesteek en gesny het terwyl mense daar rondmaal. Die skare mense het skielik padgegee en 'n man het op die gekraakte sement platgeval met 'n mes in sy bors. 



Ek het naar gevoel terwyl ek na my verslete tekkies afkyk in die park waar ek so baie gespeel het. Ek het besef dat ek iets aanskou wat ek nie veronderstel was om te sien nie. 'n Gevoel wat ek nog nooit vantevore gehad het nie, het by my opgekom — ek het skuldig gevoel. Ek onthou dit was asof ek veronderstel was om iemand te red, maar ek het nie. Die eerste gewaarwording van 'n skuldige gewete het in my hart wortelgeskiet. Dit het soos onkruid aanhou versprei. Ek het daarna ingeskakel by soveel as moontlik gemeenskapsuitreike, maar dit het nie voorgekom of ons woonbuurt se behoeftes verminder het nie. Ek het probeer om meer te doen, meer te probeer red, maar in plaas daarvan het die teleurstellende resultate my onseker en kwaad laat voel. 



Dit maak nie saak hoe en waar ons grootgeword het nie, baie van ons weet hoe dit voel om oorweldig en moedeloos te raak deur die onoorkomelike behoeftes om ons. Ons is almal pynlik bewus daarvan as ons geliefdes seer het. Ons is op skrikwekkende wyse in voeling met die feit dat ons wêreld 'n erge behoefte aan redding het. Ons wil deel wees van die oplossing. Ek wil jou inlaat in 'n bevrydende waarheid: Jesus is die Redder. Jesus het die mag om te red — nie ons nie. 



Ek weet hoe dit voel om die leuen te glo dat jy, as 'n volgeling van Jesus, die plig het om elkeen om jou te red. Die waarheid is bevrydend dat dit nie ons werk is om te red nie. Jesus is die Redder van die wêreld. Dit is sy werk. Ons is nie geskape om op ons eie krag te vertrou en die gewig van elkeen se redding op ons skouers te dra nie. Ons het Iemand nodig met meer krag as ons. 



Tog het Jesus nie gekom om redding af te forseer nie. Die Verlosser het Homself nie met uiterlike prag getooi nie: “maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word” om ander mense te dien (Filippense 2:7). Hy het gekom om sondaars in liefde te dien. In ons soeke om vir verlossing waardig te wees en soos Jesus te leef, is diensbaarheid die voorbeeld wat aan ons voorgehou is. Die oproep om soos Jesus te wees is nie 'n roeping om te red nie. Dit is 'n roeping om te dien. Die skuldgevoel weens mislukking om soos God te wees, is dus weg. 



Jesus is die Een wat red en ons is sy getuies. Jy is vry om die wonderlike nuus te vertel van wat Jesus in jou lewe gedoen het, sonder die druk oor wat die eindresultaat sal wees. Deel dus jou verhaal, al is dit nie perfek nie, dien mense al is hulle ondankbaar en verkondig Jesus aan mense al aanvaar hulle Hom nooit nie. 







Optrede



Wat is die gevaar wanneer ons op ons eie krag vertrou in plaas daarvan om op God te vertrou?



Hoe bevry die waarheid jou om aan ander te vertel dat Jesus die Een is wat red en dat ons getuies van Hom moet wees?



Hoe kan jy vandag Jesus se voorbeeld van diensbaarheid volg en vrylik sy liefde aan iemand na aan jou bewys?






Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

Wil jy graag alles in jou vermoë doen vir die mense wat jy liefhet en vir ander wys hoe kosbaar hulle vir God is? In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Hosanna Wong se boek "How (Not) to Save the World", ontdek j...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/savetheworldyouversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid