Leesplan inligting

Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Everyday Supernatural

DAG 7 VAN 7

Geen Idee

In 1997 het ek by 'n jeug kamp by 'n asemrowende meer in sentrale Finland gepraat. Een middag het 'n sestienjarige genaamd Timo gevra om met my te praat. Ons het op 'n bankie gesit wat uitkyk oor die meer en Timo het vir my sy verhaal vertel. Dit was tragies. Sy pa was 'n alkoholis en het gewoonlik dronk huis toe gekom en vir Timo en sy ma geslaan. Die seun het magteloos gevoel om homself en sy ma te beskerm. Toe Timo nege was het sy pa die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie. Timo het my vertel dat hy geen idee het waar sy pa is en of sy pa selfs nog lewe nie. Hy het my vertel dat hy kwaad en depressief gevoel het en gesukkel het om in God se Vader-liefde vir hom te glo.


Ek het vir Timo gebid en ons het ooreengekom om die volgende dag weer te ontmoet. Die volgende dag het ek my gunsteling trui aangehad. Ek was lief vir daardie trui. Dit het mooi gelyk, was gemaklik en warm. Terwyl ons op die bankie gesit het wat uitkyk oor die meer, het ek opgelet dat Timo bewe in sy T-hemp. Ek het gevoel hoe die Here vir my sê om my trui vir Timo te leen. Ek het dit weerstaan. Die Here het aangedring. Onwillig het ek die trui vir hom gegee. Dit was vyf nommers te groot vir die seun, maar hy het vir my gesê hoe baie hy van die trui hou. Tot my onsteltenis, sê die Here toe vir my om vir Timo my trui te gee as 'n geskenk. Ek het beswaar gemaak. Die Here het aangedring. Timo was verheug. Ek is weg lughawe toe sonder my gunsteling trui en nie in een van die beste buie nie.


Sestien jaar later was ek terug in Finland waar ek gepraat het by 'n konferensie vir pastore. Voor my laaste praatjie het my vertaler my vertel hy wou iets vir die gemeente sê. Hy het opgestaan en gesê:
My naam is Timo en ek is twee en dertig jaar oud. Sestien jaar gelede het ek na 'n kamp by 'n meer gegaan. Mike was die spreker maar hy onthou my nie! Ek het hom die verhaal vertel van my alkoholis pa en hoe ek gesukkel het om in God te glo en sy liefde vir my te aanvaar as gevolg daarvan. Mike het vir twee middae na my geluister. Op die tweede middag het ek koud gekry en Mike het vir my sy trui gegee. Toe is hy terug Engeland toe. Wat Mike nie weet nie is dat God daardie trui gebruik het om my lewe te verander. My vader het nooit enige geskenke vir my gegee nie en ek was verbaas dat hierdie vreemdeling vir my so 'n mooi trui gegee het. Ek het begin dink dat God dalk agter hierdie geskenk was en dat ek dalk hoop mag hê dat my lewe sal verander.


Hy het toe sy hand in 'n sak gesteek en my trui uitgehaal. "Ek het dit gehou vir sestien jaar," het hy gesê, "Maar vandag gee ek dit terug want dit het sy werk gedoen."


Ek was verstom. Ek het geen idee gehad hoekom God vir my gesê het om my trui weg te gee nie en vir sestien jaar het dit my laat wonder. Toe het God, in sy genade, vir my gewys wat hy besig was om agter my rug te doen! Die les? Hou aan om gehoorsaam te wees. Hou aan om saad te saai. Loop getrou al kan jy nie die resultate onmiddelik sien nie. Jy weet nooit wat God dalk in die mou voer nie.


Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf in om die volle boek te wen hier


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Supernatural

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se ger...

More

Ons wil graag vir Mike Pilavachi, Andy Croft en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/everyday-supernatural/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid