Leesplan inligting

Die Weg van die KoninkrykVoorbeeld

The Way of the Kingdom

DAG 4 VAN 5

Vrede in Vervolging, Vreesloosheid in Lyding



Elke gelowige sal, wanneer hulle die roeping van God uitleef, vervolging en teenstand van een of ander aard teëkom. Dit is niks nuuts nie. Christelike vervolging bestaan sedert die kerk se aanvang. Wat ons tans in die wêreld ervaar, is vir ons 'n teken van God se koninkryk wat vorder. Niks daarvan is vir God 'n verrassing nie. Jesus het dit teenoor Homself verwag, en Hy het geweet dat ons ook moeilikheid en verdrukking in die wêreld sal ondervind. Hy het dus deur sy Gees uit te stort, voorsiening vir sulke tye tot ons beskikking gestel.



Na aanleiding hiervan, vra ons nie of lyding en vervolging gaan kom of nie. Dit sal. Die vraag wat ons vra is hoe ons moet reageer. Skuil ons in grotte, ignoreer ons dit of onttrek ons onsself van die lewe? Raak ons verdedigend, beplan ons wraak en leef ons met 'n ons-en-hulle-ingesteldheid? Nee. Dit is nie die weg van die koninkryk van God nie.



Ons is in Christus, en Christus die Vredevors, is deur die gawe van die Gees in ons. Die vrede van Christus stel ons in staat om in Godgegewe gesag te wandel om staande te bly; ons is onbeweeglik en onwrikbaar in Jesus gewortel en gegrond terwyl die wêreld sidder en bewe. Ons is in staat om dit te doen omdat ons weet dat ons ewigheid en gesag bevestig is. God is aan ons kant. Die vrede van Christus is kragtiger as die vervolging wat om ons plaasvind.



As volgelinge van Christus, moet ons ons lewens vrylik ter wille van die koninkryk aflê. Ons moet by die plek kom waar ons bereid is om die prys te betaal. ’n Passie vir selfbehoud kan mense dryf om besluite te neem wat hul morele waardes en persoonlike integriteit in gedrang bring. Hulle doen nie wat reg is nie, of voel verplig om te doen wat hulle nooit onder normale omstandighede sou doen nie. 



Sonde is reeds vergewe. Die dood is al oorwin. Satan is reeds neergewerp. Die Heilige Gees is uitgestort. Die koninkryk van God maak vordering. Jesus het oorwinning verseker, die ewige lewe belowe, sy vrede gegee en die oproep en opdrag aan ons uitgereik. Kan ons enigiets anders as vreesloos wees, selfs ten aanskoue van lyding en vervolging? 








Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Way of the Kingdom

God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons lee...

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bakerpublishinggroup.com/books/the-way-of-the-kingdom/395661

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid