Leesplan inligting

Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 1 VAN 10

Standvastigheid





O genadige God, wees my sterk vesting waar ek in nederigheid kan gaan skuil.


Help my om op U te vertrou en om geduldig te verdra wat U oor my pad bring, sonder om ooit u goedheid jeens my te betwyfel of te wantrou, want U weet wat die beste is vir my.


Doen daarom in alle dinge u wil met my. Ek smeek U, gee my u wapenrusting sodat ek vas kan staan, en bo alles die skild van geloof kan opneem. Ek bid dat ek myself altyd ten volle aan u wil sal onderwerp en my in U sal verlustig en troos sal vind in die probleme wat U kies om aan my te stuur, en te begryp dat daardie probleme vir my tot voordeel strek. Oortuig my ook dat alles wat U doen slegs goed kan wees.


Aan U kom toe al die eer en verheerliking.





-LADY JANE GREY




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n gr...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid