Leesplan inligting

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee NieVoorbeeld

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

DAG 1 VAN 6

Die tafel voor ons


Ons almal ondervind spanningsvolle tye wanneer jou gedagtes swaar is en jy voel of jy aangeval word. Tye wanneer jy wil terugslaan en baklei, of dalk selfs wil tou opgooi. Wat doen jy dan? Hoe wen jy hierdie stryd in jou gedagtes?


As jy jou gedagtes agtermekaar kon kry, sou jy waarskynlik ’n plan kon maak om voort te gaan, maar om jou kop reg te hou, is moeiliker as wat dit klink. Dalk is jy aan die verkeerde kant van iemand anders se skadelike optrede of seermaak-woorde. Dalk kom konflik uit jou binneste. Dit is maklik vir vrees en mismoedigheid om sulke tye in te kom. Jy hou jou verdediging gereed. En jy is op soek na bondgenote. Jy soek iemand – enigiemand – wat dinge op jou manier sien. Dit is waarna ek gesoek het in die antwoord van ’n vriend.


Hy het vir my een sin teruggestuur: “Moenie vir die vyand ’n plek aan jou tafel gee nie.” Nie wat ek wou hoor nie, maar daardie woorde het my lewe verander. Dit het vir my gewys dat ek met gedagtes worstel wat van iemand anders as my hemelse Vader af kom. Die vyand het ’n plek aan my tafel ingeneem en ek was vasbeslote om my tafel terug te vat. Die duiwel sou moes vlug. Terwyl ek Psalm 23 lees, sien ek myself aan ’n tafel sit met die Goeie Herder oorkant my. En die tafel? Dit is reg tussen my vyande gedek. Ek weet my doel is om my oë gefokus te hou op die Goeie Herder, die Een aan wie die tafel behoort. Ek moet my vertroue in die Een plaas wat my aanmoedig om te gaan lê in groen weivelde en my langs water van vrede lei om my siel te herlaai.


Ek kon nie die duiwel keer om om my tafel rond te sluip nie, maar in Naam van Jesus het ek beslis die keuse gehad of ek hierdie vyand gaan toelaat om aan te sit. “Moenie vir die vyand ’n plek aan jou tafel gee nie” het vinnig meer as net ’n oulike aanhaling geword. Hierdie woorde het ’n wapen geword wat my vrygemaak het.


Die verskuiwing in perspektief was die gewaarwording dat die Koning van die heelal my en jou nooi om by sy tafel aan te sit. Dit is die verhaal van die Goeie Herder wat jou sien en saam met jou deur die donker kloof loop. Dit is God wat ’n tafel dek vol versterking en verfrissing te midde van moeilike tye. Hierdie boodskap help jou om die gedagtes in jou kop te keer om wild rond te hardloop – dit is ’n boodskap van oorwinning.


Jy het die mag – deur Jesus Christus – om beheer te neem oor wie aan jou tafel aansit. Oor wie jou denke gaan beïnvloed. Jy word genooi om ’n intieme verhouding met die Almagtige te hê. Die tafel wat Hy vir jou voorberei het, is een van vrede, duidelikheid en oorvloed. Jy hoef nie vir die vyand ’n plek aan jou tafel te gee nie.


Luister na God se woorde aan jou in die Skrif. Hulle is lewendig en het die krag om die bande wat jou al vir jare vashou, te verbreek. Hulle kan jou help om weer helder te dink. Hulle kan die vyand keer om ’n plek aan jou tafel op te eis wat vir jou en jou Koning bedoel is!


Die Goeie Herder sal verheerlik word terwyl Hy ons lei om die stryd om ons gedagtes te wen. Dit is tyd om dit wat die vyand gesteel het, terug te neem!


NADINK-VRAE


Hoe sal jy jou vermoë om helder te dink beskryf wanneer jy in konflik-situasies is of aangeval word?


Watter beeld of gevoelens kom by jou op wanneer jy dink aan God as ’n Goeie Herder wat aan jou tafel sit?


Hoe kan God se Woord keer dat die vyand ’n plek inneem aan die tafel wat net vir jou en God bedoel is?


Vir meer inligting, besoek gerus www.dontgivetheenemy.com . 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om...

More

Ons wil graag Passion Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.passionpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid