Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 1 VAN 30

Spring Oor die Omheining

Die Afrika impala is 'n bok wat tot 3 meter hoog kan spring, oor 'n afstand van 11 meter op 'n slag. Tog kan die impala in 'n dieretuin aangehou word, omring met 'n meter hoë muur. Hoekom? Want hy is nie hoog genoeg om oor die muur te kyk nie en hy sal nie oorspring as hy nie kan sien waar hy gaan land nie.


Dis net soos baie van ons is—ons sal nie 'n geloofstap neem as ons nie kan sien waar ons gaan land nie. Abraham kan vir ons 'n ander manier wys.


Abraham was 75 jaar oud toe God hom geroep het om 'n geloofstap te neem. Hy was oud en kinderloos, maar hy is geroep om 'n nuwe land en nasie te vestig (Genesis 11:30, 12:1-8). God het nie besonderhede verskaf van waarheen hy moes gaan of hoe hy 'n kind sou hê nie. Hy het net gesê: "Gaan na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak" (12:1-2, 17:5).


Spring oor die omheining Abraham—spring! Abraham het gespring. Hy het in geloof begin (12:4-6), gou die land gevestig (v 7), later 'n seun gekry (21:1-5) en het die vader van 'n groot nasie geword (Hebreërs 11:12). God het Abraham se voetstappe gerig, maar slegs nadat hy die eerste tree in geloof geneem het.


Ek glo God het my drie keer in my lewe gelei om uit my gemaksone te beweeg. In elke geval het ek 'n vaste werk gelos sonder dat ek geweet het wat vir my voorlê. Spring oor die heining Sheridan—spring! Ek sal jou voetstappe rig, maar eers moet jy spring.


En elke keer het God my na 'n plek van groter diens en impak gelei. Ek is geensins 'n perfekte rolmodel nie. Ek was bekommerd oor geld en die toekoms. Maar ek het dit geleer oor loop in geloof: Dis uiters onwaarskynlik dat ons die uitkoms sal sien voor ons die sprong gemaak het, en net so onwaarskynlik dat ons die eindpunt sal sien voor ons begin loop het.


Vra God jou ook om 'n geloofsprong te maak? Spring dan!


MEER: Lees Hebreërs 11:1 en dink na oor wat ware geloof vereis.


Vind meer uit oor vertroue op God


VOLGENDE: Wanneer laas het God jou gevra om 'n sprong in die geloof te gee? Waarvoor wil Hy vandag hê dat jy Hom volkome moet vertrou?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid